Motor beland bo-op vragmotor tydens ongeluk

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man is Sondagmiddag omstreeks 17:00 op die R21 in Gauteng oorlede nadat sy motor die pad verlaat en op ʼn vragmotor langs die snelweg beland het.

“Die man het in die rigting van Boksburg gery toe die ongeluk plaasgevind het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Sy motor het die pad verlaat en op ʼn vragmotor, wat by ʼn handelaar langs die snelweg gestaan het, beland.”

Die man is uit die motor geslinger en het langs die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

“Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk,” het Botha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ELSABE ·

Wat sal ons se as die karre al begin spring. Wat gaan aan!!!!!!

Bets ·

Dis net jammer dat die “ondersoeke” van die vreemde ongelukke niks oplewer nie. My dogter is Meimaand oorlede in so “fratsongeluk” van ‘n motor wat vlieg en die ondersoekspan is steeds nooit beskikbaar nie… enige aanbevelings?

Peet Schabort ·

Jammer vir die man se dood.
Tog wonder mens oor die momentum om die motor op die trok te kry. Dis ook nie hy wat beheer verloor het maar die motor wat soos ‘n wilde perd reageer en seker daarom die sprong tot op die trok.
Groot moes die verbasing gewees het van die insleepmanne om daar aan te kom vol verwagting net om uit te vind hulle is voorgespring !!
Is hierdie ‘n eerste ? Kan hulle ons laat weet ?

Paul ·

Of die snelweg daar is hoër as die omliggende area, soos snelweë dikwels is en die motor het ondertoe beweeg en nie “gespring” nie… *sug*

Occam se skeermes.

giel ·

Ja, dis natuurlik altyd jammer as sulke long lewens ons verlaat. Ek dink ons moet ophou om “om die probleem te praat” en die probleem eeder aan te spreek……… Ons ry te vinnig….. daar word gery en so ongeduldig bestuur asof ons laaste dag aangebreek het …… EN dan breek dit ongelukkig wel aan soos vir die jong slagoffer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.