Motor beland in kanaal ná gru-botsing, twee dood

Foto: Verskaf.

Twee mense is Saterdagaand in ’n gru-ongeluk by die aansluiting van Alpone- en Umgeniweg dood.

Ceron Lennox, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die voorval het omstreeks 22:00 plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die absolute wrakke van twee motors in ’n T-formaat aangetref,” het Lennox gesê.

Een motor was volgens Lennox steeds op die pad terwyl die ander een in ’n kanaal langs die pad opgeëindig het.

“Een man se liggaam is saam met twee kritiek beseerde vroue in die motor op die pad aangetref. Daar was ook ’n man met geringe beserings in die motor. Een van die kritiek beseerde vroue is later in die hospitaal oorlede,” het Lennox gesê.

’n Soek-en-reddingspan moes nooddienste bystaan om twee ernstig beseerdes in die kanaal, wat 10 meter onder die padoppervlak is, na bo te hys.

“Een van dié beseerdes was ’n 15-jarige seun. Die twee is na die hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Piet Pompies ·

Op sosiale media was daar foto’s van die ongeluk, dit wil voorkom of spoed ‘n rol gespeel het, die een voertuig se ratkas en enjin is uit die motor geruk (dit kan ook ‘n veiligheids eienskap wees), so ook die knormoer wat op die padoppervlakte gevind is.
Onskuldige pret met motors wat passasiers se lewens eis.

Chris Noordkus ·

Veral as dit verkeerd gespel is , moet lees ”Alpine” Mense in hierdie deel van die land weet waar die twee strate is

Wanda ·

Ek stem doreen. Kon net sowel mars en jupiter straat gewees????

?? ·

‘In T-formaat aangetref’? Een op die pad en die ander in die kanaal?

André ·

Maroela Media, waar is die aansluiting waarvan in die berig geskryf word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.