
Die motor waarmee Allen Barnes, ʼn direksielid van die Westelike Provinsie-atletiekvereniging, Saterdag voor sy verdwyning gery het, is opgespoor.
Barnes (53) het sy huis in Edgemead omstreeks 03:30 verlaat om ʼn byeenkoms wat hy gereël het by die Strandfontein Pavilion by te woon. Hy het egter nooit daar opgedaag nie.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die silwer Toyota Corolla waarmee Barnes gery het, is Sondag by die Kaapstad Internasionale Lughawe gevind.
“Daar word vermoed dat hy eers by Grand West-casino was nadat hy sy blyplek verlaat het en voordat die motor by die lughawe gelos is.”
Elton Davids, verbonde aan die Kaapstadse Sportraad, het vroeër gesê daar was sedert Barnes se verdwyning geen aktiwiteit op sy selfoonrekords of bankrekening nie en volgens beskikbare inligting is hy ook nie in ʼn hospitaal opgeneem nie.
Die Bothasig-polisie ondersoek die saak. Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Quinton Stuurman, by 079 894 0095 of 021 558 3688 te bel. Andersins, skakel Stop Misdaad by 08600 10111.
* Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – RED
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Daar word gesê dis sy verloofde se kar, en later noem julle sy vrou.. is dit twee verskillende mense?
Sy verloofde se kar – sy vrou word deur familie ondersteun? Nou is ek confused
Ja Sandy ek self is nou baie nuuskierig. Wonder of hy n vrou en n verloodde gehad het.
Ja Sandy ek self is nou baie nuuskierig. Wonder of hy n vrou en n verloofde gehad het.
Dankie julle, eers net gedink ek sit nog met Oujaar se roes opi brein … kon ook nie die verloofde/vrou so lekker kleinkry nie.