Motor in Vryheid aan die brand gesteek

Andre Lotter, voormalige ANC-raadslid Foto: S'bonelo Ngcobo, IOL

Andre Lotter, voormalige ANC-raadslid Foto: S’bonelo Ngcobo, IOL

André Lotter, ʼn voormalige ANC-raadslid, se motor is op sy plaas in Gluckstadt naby Vryheid aan die brand gesteek.

“Dit is teleurstellend om van dié voorval te hore te kom nadat ons so hard gewerk het om seker te maak dat die munisipale verkiesing in KwaNongoma vry en vreedsaam sal wees,” het Willies Mchunu, LUR vir vervoer in KwaZulu-Natal, gesê.

Lotter se motor is Maandagaand aan die brand gesteek, vermoedelik in ʼn poging om hom te verhoed om ʼn hofinterdik te bekom wat die munisipale verkiesing in Vryheid sal verhoed.

Hy het in Januarie 2013 uit die ANC bedank.

ʼn Munisipale verkiesing het nie plaasgevind nie weens ʼn hofsaak waar Lotter aangevoer het die ANC en die IVP het kiesers met busse aangery. Dié kiesers bly nie in die wyk nie.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het in Julie aangekondig dat hy 1 500 kiesers van die rol geskrap het.

Lotter is daarna na die konstitusionele hof waar die OVK aangesê is om die verkiesing uit te stel en te bepaal of name bedrieglik op die kiesersrol geplaas is. Lotter voer aan daar kan geen verkiesing in die wyk plaasvind totdat iemand aanspreeklik gehou kan word vir die bedrog nie.

Die verkiesingshof het egter twee aansoeke van Lotter van die hand gewys om die munisipale verkiesing uit te stel. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Andre’ Lotter, welkom in die Nuwe S.A. n Klein hondjie het die voordeel dat sy ogies na 8 dae al oopgaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.