Motor laat Tafelberg brand

Foto: @MrRobertTimothy/Twitter

Foto: @MrRobertTimothy/Twitter

‘n Motor wat begin brand het, het ‘n veldbrand op Tafelberg tot gevolg gehad.

Die motor het in Tafelbergweg naby die sweefspoor se laerstasie begin brand. Dit is in die stadium nog nie duidelik wat veroorsaak het dat die motor begin brand het nie. Dit het egter vinnig tot ‘n veldbrand gelei.

Die veldbrand was teen 15:20 nog nie geblus nie. Tafelbergweg is vir verkeer gesluit en bedrywighede by die sweefspoor is opgeskort. Minstens twee brandweerwaens is op die toneel en helikopters is ook besig om water oor die toneel te gooi.

Verskeie inwoners van Vredehoek en Oranjezicht het verlede maand hul huise ontruim nadat ʼn brand laataand op Tafelberg uitgebreek het. Die brand het in die omgewing van Deerpark-rylaan begin woed. Groot skade is aangerig.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

wicus ·

KAN NIE GLO DIS NIE N FORD KUGA NIE ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Erika ·

Wat gaan aan dat voertuie so brand deesdae?? iets klink nie reg nie

Paul ·

Voertuie brand nog van altyd af. Net omdat joernaliste na ‘n saak oplet, beteken nie dit gebeur meer as voorheen nie.

cor ·

Ook eers gedink dit is ‘n Kuga maar toe sien ek die foto en dit is nou ‘n poegaai. Lyk my die kuga siekte is nou aansteeklik selfs gesien oor die naeeek het ‘n polisie dubbel kajuit Ranger in PE die siekte opgedoen.

Paul ·

Die motor is ‘n Honda Mobilio. Ek dink nie hulle verkoop hierdie spesifieke model meer in SA tans nie.

Johan ·

Die allooi wiele wat nie pas nie sê nogal iets van die motor se instandhouding…

Antie ·

Het verlede Donderdag met my Chev Spark gery en naby ‘n baie besige kruising, sukkel ek om na 2de rat te verwissel. Volgende oomblik klapgeluid, dog dis die clutch kabel, volgende oomblik toe ek my voet van die clutch pedaal afhaal, val dit op die grond, mors-af gebreek. Alles plastiek en om dit te vervang, kos die plastiek clutch pedaal slegs R5 593!!!!! Het gegoogle en gesien daar is redelik mense wat kla oor die pedaal wat net afbreek.

Jaco ·

Meeste parte kom deesdae van China af….China = Gemors!! Niks hou meer nie.

Visser ·

Ek stem saam met jou Pietie. Die Kuga’s word deesdae geblameer vir elke voertuig wat brand en dis onnodig .

Koos ·

Se wat julle wil, Ford was die begin van die ander reeks voertuie wat vandag op die paaie is, noem maar die reekse!!!! Hulle het ook maar probleme.

WDP ·

My FOrd het ook al uitgebrand, maar dit was nie ‘n Kuga nie

Hehehe ·

Skerp, dankie vir n lekker laggie. Aan die Ford mense – die brande is realiteit en maak eerder n grap daaroor as om met lang gesigte lewensgevaarlike feite te ontken, Ford sal nou 100% seker maak hul voertuie is veilig en dit is wat jy eintlik wil hê, jy wil in jou Ford met n geruste hart klim!

Almal brand ·

Alles fabrikate brand deesdae wat ‘n probleem is. Op die ZA Hilux4x4 Owners Groep op FB is daar ‘n Toyota Cruiser wat brand en dis nie die eerste een nie. Gaan kyk die fotos. Self Audi het sommige Q5 herroep vir brandgevaar. Maserati het 40 000 voertuie ook herroep vir brandgevaar probleme.

Maggie ·

Dit laat mens wonder of tegnologie ons nou in die steek laat. Vroeer jare sou nuwe karre nie aan die brand slaan nie.

belmarie ·

Ag nee!!! Ons vlieg die naweek Kaap toe en wou graag Tafelberg besoek het..mooie natuur nou n stuk swart woud

Henry ·

Seker maar langs n Kuga gestaan………………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.