Motor ploeg in ander motors, mense

Paramedici het Dinsdag omstreeks 07:30 op die ongeluk reageer (Foto: Verskaf)

Ses mense is beseer toe ʼn motor Dinsdagoggend in verskeie motors en voetgangers in Roodepoort, Gauteng, geploeg het.

Die ongeluk het omstreeks 07:30 by die Liebenberg-en-Yolande-aansluiting in Roodepoort afgespeel.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê volgens inligting het die ligte motor teen verskeie stilstaande motors en voetgangers – wat hulle op die sypaadjie bevind het – vasgery.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle ses beseerde mense, onder wie drie seuns, aangetref. Hulle het van geringe tot matige beserings opgedoen. Geen ernstige beserings is aangemeld nie,” sê Meiring.

“Die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.”

ʼn Vrou en haar seun het in hul private hoedanigheid na ʼn nabygeleë hospitaal gegaan.

Besonderhede rakende die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.