Motor ploeg in muur vas in beweerde polisie-jaagtog

‘n Foto van die toneel in Elarduspark (Foto: ER24)

Drie mans van Elarduspark in Pretoria, vermoedelik in hul 30’s, is beseer nadat hulle voertuig in ʼn muur ingeploeg het – dít nadat die mans glo in ʼn jaagtog met die polisie betrokke was.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die voorval het laat Saterdagmiddag plaasgevind.

Volgens Van Huyssteen het een van die mans met die aankoms van paramedici by die toneel reeds buite die voertuig gestaan. Hy het matige beserings opgedoen.

Sy sê die twee ander passasiers was in die voertuig vasgekeer. “Die brandweer is na die toneel ontbied om die twee insittendes [wat in die wrak vasgekeer was] met meganiese kake te bevry. Een van die mans was ernstig beseer en die tweede man het matige beserings opgedoen.”

Die mans is na die hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Dit is nie duidelik waarom die mans in ʼn jaagtog met die polisie betrokke was nie. Al drie beseerdes is volgens berigte onder polisiebewaking in die hospitaal.

Meer inligting is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SjN ·

Die voertuig lyk eerder na n paneel wa as n motor, laat dit vir hul n les wees

Gestremde ·

Hoekom weg jaag. Dit wil vir my voorkom of daar ‘n element van misdaad was vir die wegjaag. Is dit huisrowers? transitorowers? of wat? Nogal met ‘n paneelwa wat nie maklik vinniger as 160km per uur kan ry nie. Party keer better om jou gevoel vir jouself te hou as om geblok te word deur mm wat ook maar beperkings het op vryheid van spraak.

Jeanette ·

Hierdie berig gee net helfde van die storie.. eerstens die voorval het gebeur 2:30 Saterdagoggend EN Die polisie het self ook deur die muur gejaag. Toe hulle tot stilstand kom het die polisie op die paneelwa begin skiet met R5 gewere.. Die koeel doppies was te vinde in die swembad van die huis waarvan die muur deurgebreek was en die koeel skerwe was orals te vinde in die erf.. Daarna was net die drywer van die paneelwa gearresteer.
Nou die vraag is:
As die oortreeders skuldig was, hoekom was hulle nie gearresteer nie?
En as hulle onskuldig was hoe kan die polisie so onverantwoordelik op hulle skiet sonder om te weet wie in die voertuig is?
Hoekom gebruik die polisie R5 automatiese millitere wapens in ‘n residensiele area en nie eerder pistole in so ‘n situasie nie??
Volgens die Farlam kommissie verslag is dit onaanvaarbaar dat polisie hierdie wapens gebruik in publieke situasies en dat R5 koeels 600m ver geskiet kan word en dit die beserings risiko van bystanders erenstig verhoog.

Miskien kan Maroela vir ons antwoorde kry..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.