Motor ploeg in sewe kinders in

Argieffoto

Argieffoto

Paramedici en die polisie is op die toneel in Johannesburg waar ʼn motor glo in ʼn groep van sewe kinders ingeploeg het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by die kruising van Louis Botha-rylaan en Corlettweg in Bramley plaasgevind.

“Die kinders is almal tussen sewe en nege jaar oud en het ernstige tot kritieke beserings opgedoen. Paramedici is tans op die toneel besig met behandeling,” het Mathe gesê.

Twee helikopters van Netcare 911 is na die toneel gestuur om van die kritiek-beseerde kinders na ʼn nabygeleë hospitaal te neem.

Lees die opvolgberig hier: 1 leerling dood, 2 kritiek in Jhb-botsing

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gesiggie ·

Hoe op aarde gebeur so iets ?? was die man onder die invloed?? 7 kinders, ai tog dink net …ek hoop regtig wat ook al die oorsaak, dat die man sal boet ? en ek hoop dat die kinders Ok sal wees.. So n ongeluk is onnodig”’ hoop om opvolg te lees.

Chris W ·

Ver te min inligting in die berig om enigsins sinvolle kommentaar te kan lewer oor die’ ongeluk.Elke storie/ongeluk het twee kante.

Deloris ·

WAT gaan aan met die bestuurders wat so tussen mense / kinders inploeg en omry deesdae, kan hulle nie bestuur nie ….

Wouter ·

Gesiggie wat laat jou dink dis n man? En nog meer dat hy onder die invloed was? Jy kan nie sulke oningeligte stellings maak as jy nie weet wat gebeur het nie. Sê maar net.

Miemie ·

Ek stem saam mens kannie net dinge se voor alles nie gepubliseer is nie. Ek kry die ouers van die kinders baie jammer, ook die ouers van die een kind wat oorlede is. Sterkte vir almal.

emma ·

Aai tog gesiggie..waarom ruk jy alewig die dam onner die eend uit.

Stemja ·

Die probleem is dat baie mense wat bestuur nie lisensies het nie!

vriendin ·

Jou vermoede was reg Gesiggie. En ja dit was ALWEER n taxi. Wanneer gaan daar strenger opgetree word?

johann ·

Miemie. Kry jy ook eers jou feite reg. Jy haal gesiggie uit oor haar kommentaar. Waar in die berig lees jy daar is een kind oorkede?

scalla ·

Dis tragies, volgens my ploeg jy met n trekker, wat van tref en trap ongeluk, sterkte aan die kinders, hoop die saak teen die bestuurder word deeglik ondersoek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.