Motor ry van brug af; drie dood

Die motor het op sy dak aan die onderkant van die brug gelê. (Foto: Verskaf)

Drie mense is dood en nog drie het verskeie beserings opgedoen toe ʼn motor van ʼn brug op die R81 buite Polokwane afgery het.

Paramedici is Saterdagaand na die toneel ontbied. “Met hul aankoms om ongeveer 21:30 het hulle die kar op sy dak aan die onderkant van die brug aangetref,” sê Werner Vermaak, woordvoerder van ER24. “Drie van die passasiers is uit die voertuig geslinger en het reeds voor paramedici se aankoms op die toneel aan hul beserings beswyk. Die ander drie passasiers is vir minder ernstige beserings behandel en toe na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Volgens Vermaak is dit onduidelik presies hoe die motor van die brug afgery het en was die polisie op die toneel om die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Willem

Jammer jz was nie by nie!!!!!!