Motor se dak afgeruk toe dit koedoe tref

Die motor se voorruit het ook in die slag gebly. (Foto: Rob Beezy @TrafficSA/Twitter)

Twee mans het ʼn noue ontkoming gehad nadat hulle Donderdagoggend met hul motor teen ʼn koedoe koei gebots het.

Volgens Khuselwa Rantjie, kommunikasiebestuurder by die Oos-Kaapse departement van vervoer, het die mans se wit Honda-sedan ʼn koedoe op die N6 sowat 35 km van Aliwal-Noord na Jamestown in die Oos-Kaap getref.

Die botsing het die voorruit en dak van die motor byna heeltemal verwyder.

“Die mans, onderskeidelik 42 en 47 jaar oud, het met matige tot ernstige beserings daarvan afgekom.”

Oos-Kaapse nooddienste was op die toneel om die mans te behandel. Hulle is na die Aliwal-Noord-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die koedoe het nie die voorval oorleef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Megan Swart ·

Dagsê Manie
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Frank ·

Ja, jy’s reg. Interresant is dat jy kry ‘n Njala bul, maar dan ‘n Njala ooi.

Josua ·

Dit was n wilde dier wat in die veld woon en soms oor hoë drade kan spring, het jy al gesien hoe lyk n motor wat n bees, donkie , perd of boerbok tref almal diere wat veronderstel is om opgepas en in kampe gehou te word maar loop oor nasionale paaie asof die grond aan hulle behoort sonder toesig en daar word niks omtrent dit gedoen nie. Sterkte vir die mense wat beseer is en ons glo julle sal tenvolle herstel.

Eugene ·

So jammer die pragdier moes vrek as gevolg van die mens se ewige gejaag.

Menan ·

Die Afrikaanse Taalkommissie
Yolandi, ek dink dit het met die grootte van die boksoort te make. ‘n Koedoe of ‘n eland het dus ‘n koei en ‘n bul, maar ‘n springbok of kleiner het ‘n ooi en ‘n ram. Waar die grens egter lê, is ek nie doodseker nie. [PL]
· Reply · See Translation · 6y
Anneke Butler
Groter boksoorte is bul en koei; kleiner boksoorte is ram en ooi. Die skeiding lê by nyalas (of njalas of basterkoedoes). Die manlike vorm is bul (nyalabul) en die vroulike vorm is ooi (nyala-ooi … nie nyalakoei nie).

Misky ·

Dit moes ‘n hengse slag gewees het en hulle kan gelukkig wees as mens na die foto kyk. Wow!!!!

Eragrostis ·

Korrek, Manie. Die onderskeid tussen ń bul en ooi is by die Njala. Die manlike njala is ń bul, maar die vroulike njala ‘n ooi. Daarna verwys mens na alle boksoorte groter as die njala se verslag as bul en koei, en alles kleiner as njalas as ram en ooi.

Robert ·

Laaste sin moet lees… “Die Kudu is nou biltong…” Bly die manne het dit oorleef, sulke ontmoetings met Kudus is gewoonlik tragies.

Frank ·

Ja, in Windhoek is ‘n Koedoe standbeeld ter gedagtenis aan al die koedoe slagoffers. Hierdie manne kan baie dankbaar wees.

Saartjie Suurbek ·

Ek kan verkeerd wees, maar is dit nie ‘n koedoe KOEI nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.