Motor skeur in twee in gru-botsing; 2 sterf

Foto: ER24

Twee mense is Vrydagaand dood in ʼn gru-ongeluk op die pad tussen Bethal en Hendrina in Mpumalanga.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van ER24 en die provinsiale nooddienste het teen 18:00 by die toneel opgedaag waar ʼn bakkie en motor met mekaar gebots het. Volgens Vermaak is die motor tydens die botsing in twee geruk.

“Twee insittendes in die motor het noodlottige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê.

ʼn Vrou wat ook in die motor was, asook twee insittendes van die bakkie het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andre ·

‘n Kar wat so breek is baie keer die oorsaak van kar herbou waar twee helftes aanmekaar gesweis is. SA en Afrika is seker die U-draai konings in die wêreld – enige tyd, enige plek, dan is daar nog die gekoopte bestuurslisensies en onpadwaardigheid. Wonder net?? Aan die positiewe kant lyk dit of die een lig nog wragtig brand.

Piet Pompies ·

Andre se standpunte het gronde en dit is ‘n voorbeeld van U draai ongeluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.