Motor tref 3 kinders op sypaadjie

Die toneel. Foto: Verskaf.

Drie kinders is Sondagoggend beseer toe ʼn motor hulle getref het terwyl hulle op ʼn sypaadjie geloop het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval op die hoek van Tweed- en Effingham-weg in die noorde van Durban in KwaZulu-Natal plaasgevind.

“Berigte dui daarop dat die bestuurder van die motor beheer verloor het en in die kinders aan die kant van die pad ingery het. Twee van die kinders is ernstig beseer en die ander een matig.”

Die kinders is op die toneel behandel en daarna na die hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bok ·

As die SADP Iemand wil beskerm dan het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor.
Bestuurder kan nie sommer op ‘n reguit pad verloor as die motor meganies niks makeer nie

Cherokee ·

Bly in beheer my bok! Wanneer ‘n bestuurder geswael bestuur verloor hy ook beheer. Dit verontskuldig hom nie. Die poelieste sal hom dalk glo maar nie vroulief nie(!) en nòg minder die mammas en pappas van daai kinners!

jennefer ·

Ek het vrydag oggend gesien hoe n minibus besluit om aan die linkerkant n trekker verby te gaan. Die man wat daar geloop het , het gelukkig betyds uit die pad kon spring. …en dit reg voor die dorp se verkeersafdeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.