Motor tref agt voetgangers

Netcare het Maandagoggend op die ongeluk reageer (Foto: Verskaf)

ʼn Groep van agt voetgangers was Maandagoggend klaarblyklik op die verkeerde plek op die verkeerde tyd, toe ʼn sportnutsmotor hulle in Pretoria getref het. Die voetgangers het van ernstige tot geringe beserings opgedoen.

Die ongeluk het om 08:43 in Garsfonteinweg in Pretoriuspark, plaasgevind.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die bestuurder van die sportnutsmotor na bewering beheer oor die voertuig verloor en die agt voetgangers in die proses getref.

“By paramedici se aankoms op die toneel was een van die voetgangers steeds onder die voertuig vasgekeer. Paramedici het die persoon bevry en op die toneel behandel,” het Herbst bevestig.

Die ander sewe voetgangers is ook op die toneel behandel. Drie mans het ernstige beserings opgedoen en vier ander het geringe tot matige beserings opgedoen.

Die bestuurder van die sportnutsmotor het glo beheer oor die voertuig verloor (Foto: Verskaf)

“Al die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling.”

Maroela Media het vroeër berig die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ʼn waarskuwing vir swaar reën- en donderbuie vir onder meer Gauteng uitgereik. Hierdie weerstoestande word tot Woensdag verwag.

Thabo Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het by navraag aan Maroela Media gesê motoriste moet in hierdie tyd ekstra versigtig op nat en gladde paaie wees.

“Ons vra dat motoriste tydens reënweer stadiger sal ry en ʼn veilige volgafstand sal handhaaf,” het Mabaso gesê.

Hy waarsku dat motoriste in gebiede waar jakarandas tans in blom is veral versigtig moet bestuur, omdat blomme wat reeds van die bome afgeval het en in die pad lê baie glad kan wees.

Mabaso het ook voetgangers gewaarsku om versigtig op sypaadjies te loop omdat hulle weens die nat toestande kan gly en val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Shakespeare

Sportnutsmotor = BEE drywer ?? Ek merk geen arrestasie is gemaak nie ???

Gompie

te vinnig op die nat pad gejaag. Hulle dink mos as die pad nat is, is die ketels oop

George

Party voetgangers is ook baie aspris en uitdagend en gee nie pad nie. Wat hulle nie agter hulle sien nie is aankomende verkeer so jy kan nie uitswaai nie. Maar raak jy die kroonwild is jy in groot moeilikheid.

SomeOne

“versigtig op sypaadjies te loop omdat hulle weens die nat toestande kan gly en val.”
nou waar moet hul dan loop ?, in die middel van die pad ?

Brenda

Was seker op selfoon