Motor tref Pta-brandweerman ná kragboks ontplof

Die elektrisiteitboks wat ontplof het. Foto: Verskaf

Die elektrisiteitboks wat ontplof het. Foto: Verskaf

ʼn Brandweerman van die Tshwane-nooddienste is Dinsdagmiddag ernstig beseer toe ʼn motor hom in Pretoria se Moot-omgewing getref het nadat ʼn elektrisiteitboks langs die pad ontplof het.

Elise Venter, ʼn inwoner, het aan Maroela Media gesê die gebied se kragtoevoer is omstreeks 12:00 afgeskakel en dat mense aan die elektrisiteitboks naby haar huis in Steadlaan naby Soutpansbergweg in Queenswood begin werk het.

“Die werkers is later hier weg. Daar het egter olie uit die boks gespuit en kort daarna, omstreeks 15:45 was daar ʼn ligte ontploffing. Gelukkig het niemand toe seer gekry nie, want daar is baie skoolkinders wat daar verbyloop,” het Venter gesê.

Venter het gesê die gras om die boks het aan die brand geslaan en ʼn ander inwoner het die brandweer ontbied.

“Die brandweer het opgedaag en was besig om die brand te bestry toe daar ʼn tweede ontploffing plaasgevind het. Die brandweerman het agteruit gestruikel en voor ʼn motor ingeloop wat hom getref het.”

Johan Pieterse, woordvoerder van Tshwane-nooddienste, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê die brandweerman het ernstige beserings opgedoen, maar is in ʼn stabiele toestand na die Muelmed-hospitaal geneem vir behandeling.

Die brand was teen 17:00 onder beheer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

DPJ ·

Het die kragbok ontploef nadat die mense aan dit gewerk het? Snaaks.

anon ·

weet van n geval in limpopo van iemand wat gebrand het met n kragboks toe dit geontplof het

ELEKTRIESE INGENIEUR ·

Elise – kontak my asb by 083 305 5694, of sms by voorgemelde nommer asseblief.

Frederiks ·

Sjoe, die ou klink kwaad. Wil natuurlik nou hul foute reg praat.

Human ·

Frederiks en Mr P dalk is jul verkeerd. Elektriese Ingenieur is dalk nie fake nie, dalk wil hy die “kwalified sparkie” dalk vasvat en die hiway wys.

Berhalet Beukes ·

Ek hoop dat die beseerde brandweerman spoedig herstel!

Koos ·

Elise, ek hoop jy het die Ingeneur gebel om meer inligting te kry.
Hierdie ou volkie van ons, dis nou nie dat daar 5 kragbokse per dag ontplof in Pretoria nie. Al hierdie komentaar laat my dadelik die vraag vra : Het nog niemand van julle ‘n fout by die werk gemaak nie? Ek weet nie of die werkers ‘n fout begaan het en of dit die toerusting of wat was nie, maar hou op VEROORDEEL!!! Kry die feite en werk daar mee. Ek kan uit ondervinding praat as ek se on elektriesiteits afdeling by Tshwane is een van die meers bekwames en sorteer probleme in my woon gebied gewonlik vining uit. Dankie julle ouens wat tot na ure werk om ons krag aan te hou!

Koos ·

Skuus vergeet ek die belangrikste.
Aan die Brandweerman se familie, baie sterkte en ek bid jou spoedige herstel toe. Julle het ook ‘n ondankbare werk wat julle met passie doen.

charlene ·

Ek wil net eerste vir die brandweerman en sy family sê alle sterkte – dis tragies
Maar as hy ernstig beseer is, op watse spoed het die kar gery wat hom getref het??? Volgens my ry mens mos stadiger as daar `n brandweerwa in die middle van die pad staan???

Johannes Meintjes ·

Hier in Kameeldrif (Oos) se misdaad mekka met papperige burgers is die krag kort-kort af …

Adeline ·

My klein sussie het destyds bitterlik erg gebrand na die kragboks buite ons huis ontplof het, ook dieselfde storie; krag het afgegaan, mense het aan hom kom werk en daarna was die hel los. As die man nie agter toe getree het nie, sou hy sekerlik verbrand het. Ek hoop hy hertsel gou en dat iemand iewers sal begin kyk na die bokse wat so “net ontplof”

dries ·

Waar is die inspekteurs wat hierdie bokse gereeld moet ondersoek.

AH ·

Maroela asseblief die woord krag boks laat my gril tot in my tone dit is n eletriese verdeel kas of elektriese versrreidings kas !!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.