Motor val 2 meter ver in sloot

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee vroue is Donderdag van ʼn waterdreineringsloot in Clayville, Johannesburg, gered.

“Die vroue het in Spannerweg gery toe hul motor in ʼn twee meter diep sloot beland het,” het Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, gesê. “Paramedici en brandbestryders moes die vroue uit die gat haal.”

Die vroue kon uit die motor klim en het met ʼn leer by die sloot uitgeklim.

Die vroue is op die toneel vir skok en geringe beserings behandel. Hulle is daarna na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die rede vir die ongeluk is nog nie duidelik nie,” het Majija bygevoeg. “Owerhede sal die voorval ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.