Motor vat vlam ná N2-ongeluk

Die omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek (Foto: Verskaf)

ʼn Motoris het onherkenbaar verbrand toe ’n motor en ʼn bakkie Donderdag op die N2 noord van Durban gebots en die motor aan die brand geslaan het.

Die ongeluk het Donderdag omstreeks 08:00 op die N2 tussen KwaMashu en Umhlanga plaasgevind.

Die man in die motor het onherkenbaar verbrand (Foto: Verskaf)

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, het die motor en die bakkie gebots waarna die motor aan die brand geslaan en die brand na die bakkie versprei het.

“Die bestuurder van die motor het onherkenbaar verbrand. Die bestuurder van die bakkie het matige beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel,” bevestig Herbst.

Die omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

cccp ·

Tragies, maar hoe gebeur wat lyk soos ‘n kop-aan-kop botsing op ‘n snelweg? Goed, dom vraag gegewe Suid-Afrikaners se respek vir verkeers- en ander reëls.

Juan ·

Maklik. Die Datsun Go het heel moontlik beheer verloor in die nat pad en gegly. Die Hilux het probeer om hom te vermy maar kon nie.

Johan D ·

Hartaanval, floute, beroerte, sodoende beheer verloor en oor middeleiland en beland voor aankomende verkeer!

Swerwer ·

Een moes weer ‘n kans gewaag het, op so ‘n reguit pad kop aan kop.

Andries ·

Dit is ‘n 4 baan snelweg. Hoe de heng kom hy oor die middelman om bakkie op linkerkantse baan te tref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.