Motor vat vlam ná ongeluk; drie beseer

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mense is beseer, van wie twee kritiek, toe ʼn motor Saterdag op die N8 naby Kimberley omgeslaan en in vlamme uitgebars het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voertuig was in die rigting van Bloemfontein op pad toe die ongeluk omstreeks 15:20 gebeur het. “Volgens ooggetuies is al drie insittendes in die motor uit die voertuig geslinger voordat dit aan die brand geslaan het,” het sy gesê.

Volgens Mathe is paramedici van verskillende nooddienste na die toneel ontbied. ʼn Man en ʼn vrou was in ʼn kritieke toestand, terwyl ʼn derde passasier net geringe beserings opgedoen het.

“Al die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is,” het sy gesê. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stadiger ·

Suid Afrikaners, alhoewel die vrystaatse verkeersdepartement nie n flenter omgee vir mense lewend nie (net soos die res van die ANC) moet julle asseblief stadiger ry.

Peet ·

Dit was net toevallig. In by verre meeste gevalle red n veiligheidsgordel jou en dit is n oor en oor bewysde feit, dit word not net in die land deur semi geletterdes gedebatteer.

KarooKlong ·

Ek stem saam met die laaste gedeelte van jou laaste sin.

Ooggetuie ·

Die motor (‘n wit BMW 740) het ons teen ‘n hoë spoed verbygesteek. Enkele meters verder het dit die pad na links verlaat, oor die heining gegaan en ongeveer 6 keer van voor na agter gerol. Dit was om 14:35. Dit het ongeveer 120m verder op sy dak te lande gekom. Die eerste persoon het self uit die wrak gekruip, waarna ander persone wat stilgehou het die ander 2 insittendes uitgehelp het. Niemand is uitgeslinger nie. Almal was op ‘n veilige afstand van die wrak toe dit begin brand het. Die noodwerkers was ongeveer 30min na die ongeluk op die toneel.

Hannelie ·

Dankie vir die inligting ooggetuie. Nou kan die mense ophou bespiegel. Bly niemand was in wrak.

Keelvol vir spoedvrate ·

Die Wat oor spoed bespiegel het was in die kol.

Buitestander ·

Dit maak nie saak watter voertuig jy bestuur nie, maar die bestuurder is 99% VERANTWOORDELIK vir die ongeluk.
Die ou spreekwood by maar waar:-
HOE MEER HAAS HOE MINDER WORTEL!!! Ha, Ha,, Ha!!!

vramaarnet ·

Interresant hoeveel BMW slaan aan die brand na ongeluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.