Motor vat vlam ná ongeluk op pas

Die motor het skynbaar vlam gevat nadat ‘n vragmotor daarin vasgery het.

ʼn Vrou is kritiek beseer nadat haar ligte voertuig met ‘n vragmotor gebots en die voertuig aan die brand geslaan het.

Die ongeluk het Vrydagoggend op die R40 Hilltop-pas naby Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga, plaasgevind. “Toe paramedici van ER24 en die provinsiale brandweer om 07:37 op die toneel aankom, was die voertuig reeds in ligte laaie,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

“Die bestuurder, ʼn vrou in haar 30’s, het omtrent 20 m van die voertuig gelê, nadat bystanders haar ná die ongeluk uit die kar getrek het.” Die trok het ʼn ent daarvandaan langs die pad gestaan.

Paramedici het die vrou ondersoek en gesien dat sy verskeie ernstige beserings opgedoen het en in ʼn kritieke toestand is. “Die vrou is behandel en dadelik na die Rob Ferreira‑ provinsiale hospitaal vir verdere behandeling geneem,” het Meiring gesê.

Die brandweer het die brandende motor geblus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

Nie noodwendig àltyd vragmotor se skuld nie, Anel. Motorbestuurders misgis hulself somtyds met die spoed van aankomende swaar verkeer. Ek moet somtyds 140kmu doen op die N3 om ‘n toerbus verby te gaan.

Hennie J ·

Nog n motor wat aan die brand slaan ? Iewers is iets nie pluis by sekere vervaardigers nie.

Jack ·

Niks oor polisie of verkeer nie. Wat gaan aan. Die land word al hoe meer soos Indie ons vennoot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.