Motoradvertensie-moord: Jong man sou vanjaar trou

Twan Relou

Twan Relou

Die jong man wat doodgeskiet is nadat hy gereageer het op ʼn advertensie van ʼn tweedehandse motor wat te koop aangebied is, het einde Desember verloof geraak.

Twan Relou (28) is Woensdagmiddag doodgeskiet toe hy en ʼn vriend op die aanlynadvertensie reageer het.

Relou en ʼn vriend het na ʼn plek in Alberton gery waar hulle die verkoper sou ontmoet. Nadat hulle ʼn ruk lank gewag het, het die verkoper glo gebel en gevra dat hulle elders ontmoet. By hul aankoms op dié plek, ʼn ongemerkte pad net van die R550, het die verdagtes op die twee mans losgebrand.

Relou en sy vriend het probeer vlug toe Relou in sy bakkie doodgeskiet is. Die vriend is volgens kapt. Mzimkhulu Mthimkhulu, woordvoerder van die polisie, in die rug geskiet terwyl hy weggehardloop het. Hy kon nietemin daarin slaag om weg te kom en is volgens Mthimkhulu nie ernstig beseer nie.

Maroela Media verneem dat ʼn selfoon en iPad van die toneel gesteel is, maar Mthimkulu kon dit nie bevestig nie. Hy het wel gesê dat daar kontant in Relou se bakkie gevind is, maar kon nie bevestig of daarvan gesteel is nie.

Daar was vermoedelik drie of vier verdagtes betrokke. Volgens Mthimkhulu is niemand nog in hegtenis geneem nie en duur die polisie se ondersoek voort.

Relou het op 23 Desember verloof geraak en hy en sy verloofde sou later vanjaar trou. Relou is van Kroondal in Noordwes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Simon ·

Hierdie is gegrond op beskikbaar feite duidelik n beplande moord in die gees van die Eskom-outjie se internet inskrywing aanbeveling waaroor Maroela Media sopas verslag gedoen het.
Verwys na die berig dat n motoradvertensie gelei het tot die moord en poging tot moord

Nettie ·

Klink meer na setup…hoekom foon en ipad steel maar nie die kontant nie. Omdat daar bewyse wat op die foon of ipad mag wees…klink meer na beplande moord…

VRA MY EK WEET ·

Ag Bessie assblief…As iemand met groot klomp kontant ry steek jy dit mos weg in die voertuig jy los dit nie oop en bloot….Die skelms kon nie die geld kry en vat toe maar die fone, wat hulle in elk geval ook sou gevat het as hulle die kontant gekry het..Weet nie hoe redeneer julle mense wat nou skielik ‘n Chantel Henning saak sien

Ongevraagd ·

Bepaal jou by jou eie dinge Nettie, het jy vir Twan persoonlik geken, het jy sy menswees geken? Jy het geen reg om eers so iets van enige iemand te dink nie, en nou se jy nog sulke dinge van mense wat nie eers vir hulself kan praat nie. Toon tog net asseblief bietjie respek en hou op die lelik in alles sien. As jy die bewyse het dat dit ‘n setup’ was, gaan polisie toe, moenie jou vuil kommentaar hier versprei nie.

Elsie ·

Hoe bitterlik jammer dat so iets moet gebeur!!! Ons land het jong manne SO nodig en dan word hulle so wreed vermoor. Sterkte aan die verloofde, ouers, familie en vriende. Wens julle krag en sterkte toe

Bessie ·

Dis so duidelik ‘n beplande moord……… En die ergste is, hulle gaan daarmee wegkom, soos al die ander

Liza ·

Al wat ek te se het, gaan hulle nou van moord aangekla word of gaan hulle maar op borgtog vrygelaat word, want dis mos nou weer wit wat geskiet is…….. was dit nou andersom sou hulle verseker in die tronk gesit het…….Sterkte aan Twan se familie en vriende asook verloofde .. my hart gaan uit vir julle, weet net dat God sal vir julle berusting gee. Rus in vrede Twan….

VRA MY EK WEET ·

Agge nee Gert man. Dis ‘n ou slenter. Die skurke bied die motor/item aan te koop en vra dat die koper kontant moet bring. Die skurke weet jy het kontant by jou en beroof jou. In die geval was die skelms bang die mans is gewapen en het dadelik geskiet. Die kontant was sekerlik erens in die bakkie versteek en die skurke kon dit nie kry en roof toe maar die selfoon en i-pad. Die polisie het later die kontant gekry in die bakkie. Wat is so rotterig daaromtrent??

Riaan ·

Net weer vandag besef ek as jong man, ons tyd op Aarde is net geleen.
My gebed gaan uit aan die familie, verloofde en vriende. Mag ons almal rus vind in die Here.

Danielle ·

Wat is die webwerf se naam? Gumtree? Het so iets nie al vroeer gebeur nie? Ook n moord nadat iemand iets gaan sien het wat geadverteer was op Gumtree? Dis baie hartseer :(

Johan ·

Ja so iets het in die Kaap ook gebeur,ek Ken,die vrou wie se seun ook geskiet is

oni ·

“Ek ruik n rot”. Regtig meer afgesaag kan mens nie meer kry nie.

Cheryl ·

Ag oni waar ruik jy n rot mmmm? Dis Suid Afrika die…. Sulke goed gebeur en veral met sulke advertensies hul die oortreders weet daar sal mootlik kontant betrokke wees…. Al hoekom hul nie die kontant kon vat nie is moontlik omdat hul nie kaans gekry het nie…. Dit was dalk weg gesteek het jy al so da aan gedink???? Nee jy ruik net n rot regtig waar… Iemand is weer vermoor…. Sterkte aan die familie!!!

Liewe aarde!? ·

Hoe op aarde kon dit n “beplande” moord gewees het???? Hoe het die aanvallers geweet dat die Twan seun (waarvoor hulle nou kamtig n mes in gehad het) op die advertensie gaan reageer… (en natuurlik die bewyse op die ipad) bewyse van wat???? Weereens vra jouself, HOE SOU DIE AANVALLERS GEWEET HET DAT HY SOU BEL IVM DIE VOERTUIG!!!?? Oh my siel, dink bietjie voor julle net tik mense.

Cheryl ·

Liewe aarde…. Ek stem saam jou hoor partykeer dink Ek die mense wat hier kommentaar plaas se vingers is te vinnig vir hul brein…. Hul tik eers Dan dink hul!!!

Frik ·

Dink bietjie mooi Cheryl, hulle het nie dalk vir die spesifieke twee jong manne gegaan nie. Maar kon dalk spesifiek vir enige blankes gegaan het wat navraag gedoen het. So heel moontlik weer n omgekeerde rasse aanval wat verskuil is. Nee wat enige jong mens wat n heenkome elders oorsee wil gebruik, doen dit daar mag dalk n beter toekoms op jou wag.

VRA MY EK WEET ·

Agge nee Frik man.. Waar kom ras nou in die storie in? Die skelms lok potensiele kliente na afgelee plekke en beroof hulle. Maak nie saak wie jy is nie. Almal se geld is dieselfde kleur. Ek is weet van baie mense wat al op die manier beroof is, wat of met safiere, kruger rande, diamante, voertuie gelok is. Hulle weet jy as koper bring kontant. Hierdie transaksie het net meer geweldadig begin. Ek dink die skurke was bekommerd oor die feit dat daar twee mans was en het besluit om eerste te skiet…

Jakob ·

So moeg vir blankes wat gereeld beweer nie blankes gebruik ALTYD die ras-kaart, maar op bykans elke berig sien ons hoe ons eie ras simpel gevolgtrekkings maak. Dit is duidelik dat blankes en nie blankes iets in gemeen het, aan albei kante van die spektrum is daar ‘n groep mense wat aan n minderwaardigheidskompleks lei, daar is verskeie ander karaktereinskappe wat dié mense deel. Ons het groepies blankes wat nie-blankes nie kan verdra nie en visa versa. Dit blyk of n paar mense nou sommer speurders is, wyls die familie treur, staar hul mense se simpel en onbevoegde spekulasies in die gesig.

Santie Henning ·

Dit is tragies. ‘n mens is nerens meer veilig nie! Het hulle die moordenaars al aangekeer??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.