Motorbrand-sterftes: Oupa ontvoer glo kleinseun

Die motor waarin die liggame gevind is. Foto: Twitter

Die motor waarin die liggame gevind is. Foto: Twitter

ʼn Oupa het glo selfmoord gepleeg en sy vierjarige kleinseun vermoor deur die motor waarin hulle was, aan die brand te steek in Azaadville buite Randfontein aan die Wes-Rand.

Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die seuntjie se pa het glo Woensdag ʼn oproep van sy skoonpa ontvang waarin hy hom meegedeel het dat hy die seun gevat en homself en die seun gaan doodmaak.

“Die seuntjie se pa het die polisie gebel en vir hulle die registrasienommer van die oupa se motor gegee.” Volgens Makhubela was die motor reeds aan die brand toe polisiebeamptes dit gevind het. Die 65-jarige oupa en sy kleinseun het onherkenbaar verkool.

Volgens paramedici het lede van die publiek die motor gesien en die brand probeer blus. Die oupa en kleinseun was reeds dood.

Makhubela het gesê dit is nog nie duidelik wat die motief was nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

susan kruger ·

Wat ‘n siek ou man! Hy was duidelik van sy kop af, en sy kinders gaan hom nou met haat onthou. Lyk of dit ‘n daad van wraak was.

Clini ·

Dit is hartseer, selfmoord is erg genoeg en dan nog ‘n onskuldige kind te vermoor, dit is afgryslik, wat dryf mens tot dit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.