Motordief breek in by tronk

Argieffoto: veooz.com

ʼn Oos-Kaapse boef wou so graag ʼn beampte van die departement van korrektiewe dienste se motor steel, dat hy dapper genoeg was om by ʼn gevangenis in te breek.

Bewaarders van die Mdantsane-tronk in Oos-Londen was Donderdagoggend vroeg dadelik op hul hoede toe hulle gemeen het ʼn gevangene probeer ontsnap, het die Oos-Londense dagblad Daily Dispatch berig.

Volgens Nobuntu Gantana, woordvoerder van korrektiewe dienste in die Oos-Kaap, is dit nie bekend hoe die man dit reggekry het om die gevangenis binne te kom nie, maar toe wagte in die wagkamer die man gewaar, het hulle die alarm geaktiveer omdat hulle gemeen het dit is ʼn ontsnappoging.

“Die wagte het die man gejaag omdat hulle gedink het dit is ʼn gevangene wat probeer ontsnap,” sê sy. “Maar nadat hulle al die gevangenes getel het en almal daar was, het dit geblyk die man was ʼn indringer.”

Sy sê die voornemende motordief was te rats vir die beamptes en het daarin geslaag om weg te kom, maar sonder die wiele wat hom by die tronk laat inbreek het.

Die eienaar van die motor het ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak.

Gantana het teen laat Vrydagmiddag nie die antwoorde op Maroela Media se vrae gestuur wat sy vroegmiddag belowe het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hansie Slim ·

Toe nie so lekker binne as wat hy gedink het nie. As hy so maklik in, en so maklik uit, laat dit die tronkvoëls seker dink…

Gert ·

Is skelms nou al so gretig om tronk toe te gaan? Vry huisvesting. Vry Kos. Vry klere. Vry medies. Wow waar gaan SA eindig?

Rooikappie ·

Wagte????????????
Onthou dit is n 5ster hotel why not join them

Renier Engelbrecht ·

Gantana sal nie antwoord op die vrae nie want sy kan nie. Vrae seker te moeilik vir haar.

Dawie ·

Die ou is regtig spesiaal hy breek in by die tronk en wag, wag….. hy ontsnap weer. SA is die enigste land ter wereld waar dit gebeur. Give that man a bells.

Dawie ·

Jammer ek het vergeet hulle kan nie vir hom n bells gee noe, want hy is nou weg.

Dawie ·

Jammer ek het vetgeet hulle sal nie vor hom n bells kan gee nie want hy is weg.

Penellope Jones ·

Seker ook NET in SA waar so iets aan gedink en deurgevoer word!

Jacques ·

Beamptes/ bewaarders te ooreet aan KFC , dis hoekom die ou te rats was vir hulle.

Jacques die Goodwoodianer ·

Eeeeeeeeeeen hy was nie gevang nie. Ja nee, kyk.

GES ·

Dit is regtig lagwekkend. Die bewaarders kan nie eens daarin slaag om die boewe uithou te hou nie wat nog van die boewe inhou te hou. Nou het ons alles gehoor!

Jannie ·

Woorde ontbreek reeds lankal oor NOSA (Nuwe Opge.okte Suid-Afrika)!!! Selfs lag het al opgedroog oor al die idiotiese manewales!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.