‘Motordief’ vas op ongelukstoneel

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn 27-jarige verdagte wat glo ʼn bakkie sonder die eienaar se toestemming geneem het, is oomblikke later in hegtenis geneem nadat die bakkie gerol het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Sondag omstreeks 10:30 na die ongelukstoneel op die A300 buite Bethlehem in die Vrystaat ontbied. Daar het hulle ʼn bakkie gevind wat op sy dak lê met die bestuurder steeds binne.

“Omstanders op die toneel het aan paramedici gesê dat die bakkie op ʼn nabygeleë plaas gesteel is. Die bestuurder, wat ligte beserings opgedoen het, is op die toneel in hegtenis geneem en onder streng polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem,” het Mathe gesê.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dat die bakkie nie gesteel is nie, maar bloot sonder die eienaar se toestemming geneem is. “Die man is aangekla van die gebruik van ʼn voertuig sonder die eienaar se toestemming en sal binnekort in die Bethlehem-landdroshof verskyn,” het hy gesê.

Mohobeleli het gesê die man is ook ʼn boete opgelê omdat hy sonder ʼn bestuurslisensie bestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nuwe term ·

Liewe mense, die ANC se nuutste terminology om misdaad lig te laat klink: nie meer diefstal nie, nou staan dit bekend as “sonder eienaar se mede wete geneem”. Gekke.

johan de beer ·

Wel wel wel. Wys jou net daar is geen nuwe verskoning onder die son nie. My praat die saak reg. is dit nie vreeslik nie!!

NH ·

Kaptein geneem en gesteel is dieselfde ding! Skerm jy dalk vir die verdagte?

Tiger ·

Nou wie gaan die voertuig se skade dek?Die versekering (as hy versekering het) sal weier want die voertuig is dan nie gesteel nie!Daar bestaan nerens ‘n benaming van”sonder die eienaar se toestemming geneem” nie.Dis gesteel of niks!

Cherokee ·

So as jy ‘n tjoklit vat in PnP sonder toestemming, dan is dit nie steel nie maar bloot geneem sonder toestemming. Of ‘n kar vanaf Maroela Motors se vertoonkamers. Ěrens moet die gekkeparadys einde kry en mense nie napraters word van idiote nie.

Ben Prinsloo ·

Kan iemand dalk verduidelik wat is die verskil tussen steel en sonder toestemming neem. Dalk kan die kaptein sommer self verduidelik.

Plaasjapie ·

Dit gaan oor die opset waarmee die voertuig geneem is. As dit gevat is om die eienaar permanent van sy eiendom te ontneem, is dit diefstal. As die bedoeling was om dit terug te bring, soos as dit sê nou maar die eienaar se seun is wat dit vir ‘n “joy ride” vat dan is dit gebruik sonder toestemming.

Luister ·

Dalk was dit ‘n ou wat sy pa se bakkie “gegaps” het.

koos ·

Hoe kan die opskrif se “Motordief vas” en nie motor sonder toestemming geneem. Ek meen as jy n motor dief is moes jy dit mos gesteel het en om n dief genoem te word moes jy gesteel het of hoe?

Poplap ·

Kyk mooi dit gaan nog uitkom dat die “lener” eintlik die eienaar se seun of familielid was. Dis hoekom daar sulke mooi oorweegde woordjies gebruik word. As dit jou common garden variety dief was sou daar defnitief verwys word na die saak as diefstal. Vermoed daar is ‘n pap band in hierdie storie

sakkie ·

Jip poplap ek die selfde gedagtes seun seker n draai wou ry en toe rol hy die bakkie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.