Motordiefstal lei tot skietery

Foto: ER24

Die skietvoorval wat hom Woensdagoggend ten aanskoue van motoriste in Centurion afgespeel het, het gevolg kort nadat ʼn motor in Brooklyn gesteel is.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê ʼn groep verdagtes het na bewering met die gesteelde voertuig op die vlug geslaan. ʼn Voertuigopsporingsmaatskappy is in kennis gestel en het die sein van die opsporingstoestel tot in Centurion gevolg.

Die beamptes het die gesteelde motor op die hoek van Jeanlaan en Gerhardstraat voorgekeer en van die verdagtes het uit die voertuig gespring en ʼn vuurwapen op die beamptes gerig. “ʼn Skietgeveg het ontstaan en twee van die verdagtes is ernstig gewond,” het Dlamini gesê.

Hy het gesê die ander twee verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem. Die twee gewonde verdagtes is onder streng polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die polisie se forensiese eenheid is steeds op die toneel.

Niemand anders is tydens die skietery beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lynette ·

Hulle het mekaar al begin skiet met die jaag proses in John Vorster het myself boeglam geskrik… voetgangers het in slote in gespring om hulleself te beskerm…

cor ·

n Regte skop skiet en donder storie. Dit lyk my dit is nou in hierdie wettelose land die wet van wie eerste n wapen uit ruk tree uit as die wenner. Welgedaan SAPD en opsporings maatskappy.

ken benoni ·

Wel gedaan aan opsporings maatskappy en SAPD, tog jammer die twee is nie elders want nou moet belastingbetalers nog vir hul behandeling opdok!

w ·

Sjoe. Dai twee skarmunkels sou meer welkom gewees het by Forensies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.