Nege verdagtes, waaronder vyf polisiebeamptes en ʼn beampte van binnelandse sake, is in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde motordiefstal-sindikaat.
Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die nege persone, tussen 32 en 51 jaar oud, is in verskillende dele van Limpopo en Pretoria in hegtenis geneem. “Die inhegtenisnemings, wat Maandag en Dinsdag vandeesweek plaasgevind het, was die uitslag van ‘Operation Mirror’. Dié operasie het ten doel gehad om korrupte beamptes en ander onwettige bedrywighede, waaronder die smokkel van vermoedelik gesteelde voertuie by Beitbrug-grenspos na Musina, hok te slaan.
“Die verdagtes is al sedert 2016 die onderwerp van ʼn ondersoek ná verskeie klagtes van die publiek ontvang is. Die nege persone het na bewering saamgewerk en vervalste dokumente saamgestel om seker te maak dat gesteelde motors oor die grens kan beweeg, in ruil vir omkoopgeld,” het Maluleke bygevoeg.
Die vyf polisiebeamptes, van Tom Burke-polisie en die grenspos, en die vier ander persone sal in verskillende landdroshowe verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Baie kekje om sulke goeie nuus te lees
Mens wonder of daar nog polisie is wat nié misdadig en korrup is nie
90% is korrup en ook by binnelandse sake. 10% wel eeelik en opreg
‘n Mens is deesdae nie eers meer geskok as jy sulke berigte lees nie. Die grootste ontnugtering is egter wanner sulke voorvalle plaasvind en daar is NIE ‘n SAPS lid of ‘n regeringsamptenaar by betrokke nie.
geen wonder die mensdom het GEEN vertroue in die polisie nie.