Motordiefstalsindikaat oopgevlek

'n Bakkie waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

‘n Bakkie waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die Limpopo-polisie het Woensdagaand ʼn sindikaat oopgevlek wat gesteelde en gekaapte voertuie van Suid-Afrika na Zimbabwe smokkel.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê ʼn intelligensiegedrewe klopjag is deur verskeie eenhede van die polisie op ʼn gebied naby die Beitbrug-grenspos buite Musina uitgevoer.

“Die sindikaat het oor die afgelope tyd gesteelde voertuie oor die Limpoporivier van Suid-Afrika na Zimbabwe gesmokkel,” het Ngoepe gesê. “Vyf mense is tydens die klopjag in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op vier voertuie wat glo na Zimbabwe op pad was.”

Die verdagtes, onderskeidelik 31, 32, 33, 36, en 40 jaar oud, is van Senwabarwana, Musina en Soshanguve, noord van Pretoria.

Drie van die vier voertuie is in Pretoria as gekaap of gesteel aangemeld.

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Musina-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van gesteelde voertuie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Savethetigerplz ·

Mooi so! sluit hulle toe, gooi weg die sleutel. @Koos – goeie een haha

Pam ·

Hoe de hoenders kry hulle gesteelde voertuie oor die grens ? Dier id groot korrupsie aan beide van die grens betrokke.

Rapes ·

En van die is seker ook zimmies. Ek dink alle persone uit Afrika moet uit die land verdryf word. Hulle is net probleme.

KarooKlong ·

Puik ondersoekwerk Limpopo SAPD en al die betrokke afdelings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.