‘Motordiewe’ aan die brand gesteek

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat twee vermeende motordiewe Sondag, naby Phokeng in Noordwes, lewendig aan die brand gesteek is.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Fase 1 in Freedom Park gebeur. Inwoners van die gemeenskap het glo gesien hoe twee mans probeer om ʼn motor te steel en hulle agternagesit en gevang. “Die inwoners het na bewering petrol oor die mans gegooi en hulle aan die brand gesteek,” het Makau gesê.

Die polisie is na die toneel ontbied, maar een van die mans was met hul aankoms reeds dood. Die ander is na ʼn hospitaal gehaas.

Volgens Makau het die 44-jarige eienaar van die motor later na die Phokeng-polisiestasie gegaan om ʼn klag van kwaadwillige saakbeskadiging in te dien. Hy is op die plek in hegtenis geneem en sal vandag in die Bafokeng-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

“Die gemeenskap word weereens versoek om nie die gereg in eie hande te neem nie. Dit is onwettig en kan nie geduld word nie,” het Makau gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

AL ·

Ek stem. Terwyl die ANC politieke balle in die lug gooi, gedy misdaad. Die landsburgers is sat vir misdaad.

Johann ·

Suid Afrikaners is nou al so plofbaar dat die tiepe gebeure net erger gaan word

Wie weet ·

Dit wys weer eens dat ons nasie keelvol is vir die misdaad in ons land en almal is siek en sat vir die regering want hulle neem geen drastiese staple om misdaad te beveg nie.

gatiep ·

En so word net gese bly kalm Zuma het alles onder beheer?Wonder hoe sou die land gelyk het as daar nie prifaat security gewees het nie.
Zuma is besig om tydbom in die land te bou. Dis waar wat oom Angus se ons sal moet n lyn trek en se niks verder nie Duiwel. Dis nou of nooit!

Johanna Botha ·

Geweld is maar al reg en taal wat hier verstaan word dit nogal tsv AL die mense regte wat meer in die guns van die dief, moordenaar of verkragter is

Goed en gedaan. ·

Suid Afrikaners mag nie die reg in die reg in die hande neem nie. Al wat dit beteken is ons moet vermoor word en ons moet beroof word! Suid Afrika beskerm net krimenele en die wetgehoorsame mense is maar net afhanklik van die denade.

Jo Pearce ·

Dit is nie SA wat krimenele beskerm nie dit is die so-genaamde regering van hierdie eens pragtige land, en dit beteken die flippin polisie ook, daardie arme man het net sy eiendom probeer beskerm. Polisie doen flippin well niks om ons te berskerm nie.

Pieterdp ·

Weer eens is dit n bewys dat die ANC regering sy lands burgers vaal. Swak diens van die regering oor die hele spektrim. Al wat tel is die amptenare wat saam deul in die musdaad.

Piet Pompies ·

Motordiefstal is ‘n misdaad wat byna geen aandag van die Polisie geniet wat ‘n lekker inkomste vir die skelm is ten koste van die eienaar. Ons self het in 1996 ‘n R14K verlies gehad agv motordiefstal ten spyte daarvan dat ons versekering gehad het.

piper ·

ja ek het ook nou al genoeg geskenk. ses bakkies in sowat 20 jaar van my gesteel. die een wat terug gevind was is afgeskryf. die ander een erg beskadig. die res net weg. almal was verseker maar ek het erg verloor. na die laaste een nie weer n bakkie gekoop nie en tot nou nog nie weer n diefstal nie.

goga ·

Anne dis dalk wat sal moet gebeur.. hulle is weer more op straat om weer te moor.. die gemeenskap is keelvol.. die polisie en regering doen nie regtig iets om die moordnaars te stop nie..

Scalla ·

Laat dit vir die ander n les wees, skrik hulle so af want die gereg is nie in staat daartoe nie.

KP ·

Mooi so, wys die korrupte regering hoe dit gedoen moet word……..

Fabian Daniels ·

Ons regering sal niks aan dit doen! Wie gaan vir hulle stem as die moordenaars en verkragters die doodstraf kry? Ons swak onderwys stelsel broei jaarliks nog meer toekomstige werklose potensiele rowers moordenaars en verkragters uit. Die regering het ons as ouers se hande afgekap asook die van opvoeders, regters en die polisie.

Catryn ·

Hoekom sal regering misdaad stop as dit inkomstebron is vir hulle .. alle MOORDE, kapings, motordiefstalle, inbrake, verkragtings, uitbetaling van versekerings, mediese onkostes, het nie nie net 14% VAT wat regering kry nie, maar dit word herhaaldelik om publiek gedoen.

KRIMINELE, TERRORISTE, MOORDENAARS, VERKRAGTERS het die beste sorg in tronke as hulle gevang word, gratis verblyf, beste mediese sorg, heerlike voedsel, geen sorge oor water/krag/huis nie;

SLAGOFFERS daarenteen het ekstra onkostes uit Sekuriteit, ekstra kameras, en alles vat regering STEEDS 14% daarop; mediese behandelings kom uit eie sak/mediese fondse wat lede betaal ….

14% VAT is belastingheffings; dus betaal jy nie net 30-50% belasting, maar baie meer sedert 1994… en wie glimlag?

Daan ·

Kry die regering VAT as jou kar vervang word deur die versekering ?

Catryn ·

Daan, beslis, dis mos ‘n nuwe voertuig (of tweedehands sou jy tweedehands gaan), ALLES wat vervang word , hetsy voertuig, huisinbrake, mediese onkostes, ekstra kameras, is nuwe aankope en kry regering sy 14% VAT.

Scalla ·

Daan, dus hoekom die regering niks aan misdaad gaan doen nie, dit is vir hulle n groot bron van inkomste.

snoefie ·

“….klag van kwaadwillige saakbeskadiging in te dien. hy is op die plekke in hegtenis geneem en….” gr8 stuff. maar hoekom is nie een van die twintig wat Pierre De Necker vermoor het, eienasr van die gesteelde kar was tussen hulle, nog aangekeer nie. die sapd in Belfast weet mos wie die eienaar is. hulle han defnitief ook die moordenaars uitken daar was immers twee sapd lede tussen die skare. al het hulle hande in die sakke gestaan en toekyk, was hulle oë beslis nie ook in hulle sakke nie.

snoefie ·

“….klag van kwaadwillige saakbeskadiging in te dien. hy is op die plekke in hegtenis geneem en….” gr8 stuff. maar hoekom is nie een van die twintig wat Pierre De Necker vermoor het, eienasr van die gesteelde kar was tussen hulle, nog aangekeer nie. die sapd in Belfast weet mos wie die eienaar is. hulle han defnitief ook die moordenaars uitken daar was immers twee sapd lede tussen die skare. al het hulle hande in die sakke gestaan en toekyk, was hulle oë beslis nie ook in hulle sakke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.