Motorfiets ry tiener dood

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn 15-jarige meisie is Donderdagmiddag in Ventersburg in die Vrystaat deur ʼn motorfiets doodgery.

Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk het omstreeks 18:25 op die R70 plaasgevind.

“Daar word beweer dat die meisie deur die 53-jarige bestuurder van die motorfiets getref is, toe sy die pad probeer oorsteek het,” het Mokhuoane Vrydag gesê. “Die meisie was saam met haar vriende wat op ʼn plaas in die buitewyke van Ventersburg woon. Hulle het saam na ʼn ryloopplek gestap toe die ongeluk plaasgevind het.”

Die Ventersburg-polisie is na die toneel ontbied. Die tiener is op die toneel dood verklaar. Haar naasbestaandes is van haar dood in kennis gestel. Die motorfietsbestuurder het geringe beserings opgedoen.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gesiggie ·

Wie se skuld is dit? as die meisie die pad oorgesteek het sonder om seker te maak, kon die persoon op die motorfiets nie vinnig genoeg uitswaai of stop.. n mens weet nie op watse spoed hy gery het nie…voetgangers vat kanse, en dit gebeur daagliks dat iemand raak gery word…. dit is na 6 … dit begin al vroeg donker word nou in die winter? heel moontlik het die man haar nie betyds gesien… voel jammer vir die meisie.. voetgangers moet seker maak voordat hul besluit om n pad oor te steek…sterkte aan die Familie en aan die man wat haar raak gery het..

Renay van der Berg ·

Ek is daar verby nog voor enige nooddienste op toneel was – dit is naby n kruising / duikweg wat bekend is vir waar voertuie afjaag / verbyjaag, teen swart woonbuurt waar altyd mense en diere in die pad is, n taxi stop, en met die lig was so sleg daai tyd van die aand dat ek nie eers kon uitmaak wat aangaan nie … vele faktore, sameloop van omstandighede – enigeen sou hom kon misgis, ook met motorfiets op spoed daar. Ongelukke gebeur vinnig.

Knapie ·

Daar bestaan ook die moontlikheid dat die motorfietsryer teen n supersoniese spoed beweeg het en die oorledene haar net misgis het met die tyd wat sy het om d pad veilig oor te steek…

anton ·

@Knapie, ek sal graag wil weet waar kry jy n motofiets wat teen n supersoniese spoed beweeg.

snoefie ·

al weer n geval van padverkeersreels wat nie deur voetgangers erken word nie. of eenvoudig dat hulle dit nie ken nie of hulle gatte daar aan afvee.

Hasie ·

Renay, jou storie maak vir my baie sin. Ongelukke gebeur, elke persoon moet maar altyd dood seker maak dat hy of sy verantwoordelik optree voor hulle iets doen. Klink vir my of albei dalk skuldig kan wees. Jy gaan oor die pad as jy nie 100% veilig is nie en jy ry nie daar vinnig nie, want daar is sekerlik borde wat aandui dat dit gevaar gebied is. Jammer aan beide families.

vernon ·

Die man is lig beseer dus het hy stadig gery. Met ‘n motorfiets kry jy gou seer.

Doug Shrimpton ·

OK shame the girl lost her life. RIP. But stop criticising the Biker. Hope the Biker makes a full recovery. Pedestrians cannot judge the speed of vehicles especially when the light is bad. Have had my fair share of pedestrians on the N12 Klerksdorp. Illegal hitch hikers and pedestrians near Pagel Bekker Bridge. Nothing is done by the traffic dept!

magrette louw ·

almal se kommentare is van die aard wat die indruk skep dat hulle sommer daar lkangs die pad gestaan het toe die ongeluk gebeur, maar persoonlik het ek al gesien mense stap gewoonlik tot in die middle vd pad voor hulle besef maar ek moet seker kyk voor ek begin stap in ‘n pad waar voertuie beweeg teen verskillende spoed?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.