Motorfietsklub verloor twee ryers minute uit mekaar

Een van die ongelukstonele. Foto: Facebook

Een van die ongelukstonele. Foto: Facebook

Twee motorfietsryers is die naweek dood en talle ernstig beseer in twee gru-botsings net meer as ʼn kilometer uit mekaar in Johannesburg.

Andy Meintjies, president van die Warlocks-motorfietsklub, het gesê sowat 15 ryers van die klub se Pretoria- en Rustenburg-klub was Saterdag op pad van Pretoria na Johannesburg vir ʼn byeenkoms.

Volgens Meintjies was hulle omstreeks 12:00 op die N1 naby die afrit na die Randse skouterrein en was daar ʼn stilstaande motor in die regterbaan. ʼn Motoris het glo uitgeswaai om die stilstaande motor te vermy en in een van die motorfietse ingeploeg. Drie ander motorfietse is ook getref.

ʼn Man en sy ma was op een van die motorfietse. Die ma het agter gesit en is in die botsing dood. Sowat vyf minute hierna het nog ʼn botsing sowat 1,5 km agter die eerste ongeluk plaasgevind. Nog ʼn motorfietsryer is deur ʼn motor getref. Die vrou is ook dood. Die bestuurder van die motor het glo van die toneel gevlug.

Volgens Meintjies is talle motorfietsryers tydens die twee botsings beseer en na omliggende hospitale gehaas. “Twee motorfietsryers is steeds in die hospitaal.”

Hoofsupt. Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie het die voorval bevestig. Hy kon egter nie onmiddellik bewerings dat ʼn motoris in hegtenis geneem is in verband met die voorval bevestig nie.

Die oorledenes se name is nog nie amptelik bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

cris.l ·

sterkte aan die naasbestaandes en vriende van die oorlede
passasiers mag die motoriste se oe oopgaan en nie net altyd
n vinger na die “BIKERs” wys nie

Jan Karsten ·

cris, jy is seker ‘n biker? Bikers moet ook soms hulle oe oophou en nie dink die pad behoort net aan hulle nie. Om deur die verkeer te vleg asof die pad aan hulle behoort, is ook nie veilig nie.

Liezille ·

Ek stem saam met Jan! Ek het nog altyd so gevoel oor bikers. My man het sy beste vriend in ‘n motorfiets ongeluk verloor en het altyd gese my opinie oor “bikers” is onakuraat. Needless to say, hy het onlangs sy opinie verander…

Netekke ·

Ai motoriste, KYK vir motorfietsryers…. Hulle het net soveel reg op ons paaie as motors.

Rudi ·

Jan Karstens. Lees asb weer die berig waar dit duidelik is dat n motor in die regterbaan stilgestaan het waarna n ander motoris uitgeswaai het. Dit is nie altyd die motorfiets ryer se skuld omdat hy op 2 wiele sit. Dalk moet jy net 1 keer op 2 wiele op n suid afrikaanse pad ry om te verstaan en ja, ek is n “biker”.

Kyk Maar ·

As jy motorfiets ry, besef jy hoeveel blindekolle ‘n motorvoertuig het, meer as wat die bestuurder van die motorvoertuig besef.

Indien jy as motorfietsryer bewus is van daardie blindekolle, besef jy gou hoe moedswillig talle van die motorbestuurders is.

Lise ·

Ai tog, lees die berig tog mooi duidelik. ‘n Motoris het na bewering uitgeswaai om ‘n stilstaande motor te vermy en ingeploeg in ‘n motorfiets. Drie ander motorfietse is ook getref. Wie is die skuldige party? Die stilstaande motor wat boonop weggejaag het vanaf die toneel. Onskuldige mense is oorlede. Maak nie saak of dit motorfietsryers of motoriste nie.

Willem ·

Yster my maat ek weet hoe seer jy het om jou ma te verloor op so manier. Wees sterk en weet hier is baie mense wat julle sal ondersteun. Harry julle het n juweel verloor in Gwen wat altyd so graag almal wou help.
My innige simpatiek.

CK ·

Baie sterkte aan die familie en “familie”. Dis ‘n tragiese ding wat hier gebeur.

Johann ·

Wonder maar net hoe gaan dit oor 67 jaar lyk, gelukkig sal ek nie meer daar wees om die ellende te aanskou nie

GRIEKIE ·

Rus in vrede. Ek ken die groep warlocks en hulle is sulke goeie mense. Dis so hartseer al die goeie mense gaan eeste :-(

T ·

Ons het gister gery van Rustenburg af op die snelweg. Daar het 3 motor fietse verby ons gekom teen ten minste 280km/u indien nie vinniger nie. Tussen karre gefleg en regtig hulle eie lewens in gevaar gestel en die mense in die karre mens sien hulle nie want hulle kom so vinnig op jou af dat as jy op daai oomblik wil verby vat is hulle daarmee heen. So mens moet ook net bietjie dink.

SEUN SE MA ·

My seun se pa is een van die bikers van die 2de ongeluk agv die kar wat hulle afgedruk het. Hy is een van die bikes wat nog in ICU le. 8 ribbes is gebreek, sleutelbeen af en kan eers oor 2 weke opereer. Sy vriendin wat agterop was is oorlede daardie selfde aand.
Moenie altyd bikers skuld gee nie. Danie het vir my seun die volle verhaal vertel.

Antie ·

Dit was ‘n vriendin van ons vriendekring wat later oorlede is. Rus in vrede, Rose en baie sterkte aan haar 2 kinders en kleinkind, mag die Liewe Vader julle vertroos asook die ander families wat ‘n geliefde verloor het in die ongeluk

SEUN SE MA ·

Antie hoe kan ek julle in die hande kry. Ons wil graag persoonlik simpatie oordra. Dis te gevoelig om vir Danie te vra.

Jo ·

‘n Motorfiets wat 200 km per uur ry, is in ‘n oogwink verby dié wat 120 km p/u ry. Maar die onbevoegte motoriste is ERG gevaarlik vir almal. Oook: “lê op die rug” “selfoon teen die oor” “die 60/80 km p/u in die vinnige bane, hou tog lings”

Hendrik ·

Dit is natuurlik dieselfde ouens wat die do-nuts gooi in die kruisings en ‘n nuwe gier is hoe vinnig hulle deur ‘n vier rigtings stop kruisings kan ry sonder om te stop. Dit is hoe die “township” na die “subburbs” gebring word…

DS ·

Hoe onsensitief. Families rou oor naasbestandes wat oorlede is en julle klomp stry oor wie se skuld dit is. Wat word tog van die mensdom. Sterkte aan almal wat iemand verloor het in die ongelukke – ONGEAG wie se skuld dit was .

Ancabè ·

Rus sag liefste Gwen Maritz Halgryn!!! Jou dogter, seun en kleinkinders gaan jou mis!

Boet ·

Kom ek julle almal gou reg help ek ry moterfietse al van 1971 af het al so paar keer geval maar gelukig nog nie ernstig dit gaan nie help ons beskuldig mekaar oor en weer jy moet die heel tyd op jou hoede wees ek self ry n 1400 daai persoon wat so teen bikers is kontak my dan kan ek so endtjie met jou gaan ry dan praat ons weer
My innige meegevoel vir die wat hulle geliefdes verloor het

Sarie ·

Mense – ek is nie ‘n biker nie, maar ons het ‘n bike. My man is seker een van die versigtste mense op die pad. Ons was een keer amper in ‘n ongeluk net omdat ‘n persoon ons probeer blok het om verby te kom op ‘n nasionale dubbelbaan pad. Toe my man by die robot probeer verby kom, het die persoon voor hom ingedraai – my man het in sy baan gestaan – nie tussen karre nie.
Dit is sulke selfsugtuge mense wat die ongelukke veroorsaak. Motor fiets ryers ry vinnig om verby en uit die pad te kom van onbedagsame ongeskikte motoriste wat dink die pad behoort net aan hulle. Motor fiets ryers betaal ook lisensie gelde so hy het ook ‘n reg om op die pad te wees, al gebruik hy minder van die pad se oppervlakte as ‘n motorris, taxis, busse of groot trok vervoermaatskappye. Gun almal ‘n plekkie in die son. So dink eerder dat dit ‘n mens op die fiets is en die ongeluk was veroorsaak deur ‘n motorris. nie ‘n motorfietsryer nie. Laaste kommentaar – Gauteng motorriste en veral JHB area is van die mees ongeskikte padverbruikers as dit kom teenoor motorfiets ryers.
Maar kyk wie doen die meeste vir liefdadigheid met hul toy runs en sulke goed – die motorfiets ryers. Ek salueer julle, want julle is die mees onselfsugtigste mense op aarde. Altyd daar en altyd reg om mense te enige tyd te help.

Sarie ·

Motor fiets ryers ry vinnig om verby en uit die pad te kom van onbedagsame ongeskikte motoriste wat dink die pad behoort net aan hulle. Motor fiets ryers betaal ook lisensie gelde so hy het ook ‘n reg om op die pad te wees, al gebruik hy minder van die pad se oppervlakte as ‘n motorris, taxis, busse of groot trok vervoermaatskappye. Die ongeluk was veroorsaak deur ‘n motorris, nie ‘n motorfietsryer nie. Laaste kommentaar – Gauteng motorriste en veral JHB area is van die mees ongeskikte padverbruikers as dit kom teenoor motorfiets ryers.
Maar kyk wie doen die meeste vir liefdadigheid met hul toy runs en sulke goed – die motorfiets ryers. Ek salueer julle, want julle is die mees onselfsugtigste mense op aarde. Altyd daar en altyd reg om mense te enige tyd te help.

Gerhard ·

Dit is teen die land se WET om vinniger as 120km/h te ry punt

Christa ·

Ek wil weet: As die motorfietsryers so wetsgehoorsaam is, waarom het meer as 85% van hulle GEEN nommerplate nie OF die nommerplate is onder hulle sitplekke ingedruk?

Mags ·

Christa, seker maar vir dieselfde rede dat motor bestuurders onwettig op hul selfone sit terwyl hulle bestuur…. En hoeveel motor bestuurders ry ook sonder nommerplate? Ek wil ook net weet….

wondernet ·

So Christa waar kom jy aan jou statistiek? ?Al ooit gedink daaraan dat ons nommerplate en lisensieskyfies van ons motorfietse afgesteel word? Snaaks genoeg word ons almal onder dieselfde kam geskeer. Toema ons ‘bikers’ is al gewoond daaraan om uitgemaak te word as die swart skaap. Gelukkig weet ons van beter en spreek ons dade boekdele. Rus in vrede en alle simpatie aan die families. Mede-biker

Ivonne Swiegers ·

Ons innige simpatie aan al die familie en naasbestaandes. Dit is baie hartseer.

Mr P ·

Mooi gese Sarie. Ons hele famielie ry motorfiets. Die is verskeie rede vir geen nommerplate. My lisiensie en nommerplaat is al afgesteel en aan n gesteelde voertuig aangebring sodat ek di boete mort betaal. My nommerplaat was ook al in n ongeluk betrokke. Die superfietse se bande is lekker vet dan soek jy ni n nommerplaat wat dit bedek ni. In motorfiets taal se ons jy fit n tailtidy wat beteken nik moet di agterkant van di fiets bederf ni. Riv julle bikers.

anton ·

Ek self ry motorfiets al vir baie jare. En ja ek moet erken daar is baie ouens wat erg jaag en kanse vat dat ek soms koud word.
Maar baie is beslis veilige bestuurders, selfde soos met motor bestuurders. Baie van hulle ry erg gevaarlik en vat vreeslike kanse.
My persoonlike gevoel is dat motoriste al minder omgee vir motorfiets ryers en ek kry die gevoel dat sommige motoriste uitgaan om bikers leed aan te doen.
Dit raak by die dag gevaarliker on met n motorfiets te ry!!!

lyn ·

Sies vir party kommentare. Mense is dood. Ons staan soos een man saam in ons kommentaar teen plaasmoorde. Maar nou is daar mense wat beskuldigings rondslinger. Familie van oorlewendes het dit nie nodig. Bietjie empatie asb.

Pro motorfiets anti motorfiets ·

Eerstens, sterkte vir die families van die oorledenes. Tweedens, alle motorfietsryers ry nie onverskillig nie. My man en seun het altwee al motorfiets gery, maar my wens gerespekteer om nie meer te ry nie omdat ek bang was vir ‘n ongeluk. Dan kry mens ongelukkig die onverskilliges ook. Ek en my man was saterdag oppad Roodepoort toe, in Hendrik Potgieter drive het 4 “bikers” verby ons gery in die noodbaan. Twee van hulle het ten minste ordentlik gery, die ander 2 vir lang ente sommer op die agterwiele. En dis mense soos hulle wat nie op die pad hoort nie. Nie net stel hulle hul eie lewens in gevaar nie, maar ook ander padgebruikers wat net veilig by hulle bestemming wil kom

Spike ·

Sterkte aan die persone wat geliefdes verloor het. Julle is in ons gebede. Ek ry ook motorfiets. En glo my, as ek terug in my motor is bly ek weg van selfone en alles wat mense se aandag van die pad hou. Deur motorfiets te ry maak my net meer bedagsaam, ek weet hoe gevaarlik ek vir ander motoriste kan wees as my volle aandag nie op die pad is nie. Daar sal soveel minder van hierdie tragedies wees as meer mense net “opserveer”. Selfs hierdie ongeluk sou nie gebeur het as die persoon wat uitgeswaai het net rondom hom gekyk het nie. En mens kan n stilstaande motor van ver af sien. Oe op die pad mense, en kom ons respekteer mekaar, en gun almal n plekkie in die son.

POP ·

Ek persoonlik hou nie van motorfietse nie. Maar ek weet wel dat hierdie groepe baie versigtig bestuur en by die pad verkeers reëls hou. Die berig sê baie duidelik dat die motor bestuurders die ongelukke veroorsaak het. Dit is tog logies as jy bestuur en jy sien n motor voor jou dat jy moet kyk na die volg afstand – ry stadiger want dan sal jy sien die voertuig kom nader na jou toe m a w dit staan moontlik stil. SPOED is lekker maar SPOED maak dood.
Sterkte aan die gesinne en die vriende

Veronica ·

Mense,weerhou julle asb van kritiek en argumente? Wat hierdie groep mense, wat stom is van skok,pyn en in rou is, nou nodig het is gebed en simpatie! Mag julle spoedig Vrede en Berusting ervaar! Sterkte vir julle!!

SUZI ·

Ja jong, bikers is net goed genoeg as ons di Toyrun doen of geld insamel vir liefdadigheid! Verder is ons mos rubbish! Dis ni mooi nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.