Motorfietsmoord: Drie hoor oor borgtog

Chris en Rouxnet Williams. Foto: Facebook

Die drie verdagtes in die moord op ʼn man van Mokopane wat sy motorfiets wou verkoop, is Donderdag op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Brig. Motlafela Mojapelo, Limpopo-polisiewoordvoerder, sê die drie moordverdagtes, Kgabudi Ramaboya (20), Sello Donald Nkoana (31) en Ramabula Maumela (28) sal weer op 14 Maart in die hof verskyn nadat die saak uitgestel is vir verdere ondersoek en in afwagting van die nadoodse en forensiese verslae.

Chris Williams (31), ʼn elektromeganikus by Anglo Platinum wat vyf maande gelede getroud is, is op Maandagaand 14 Januarie by sy huis met ʼn mes doodgesteek nadat ʼn vermeende koper, vergesel van twee makkers, kom kyk het na ʼn motorfiets wat hy geadverteer het.

Mojapelo het vroeër gesê die drie beskuldigdes is die volgende aand in hegtenis geneem op verskillende plekke om die dorpie Ramokgopa naby Mankweng in die Botlokwa-polisiegroepering, sowat 25 km wes van Polokwane.

Die polisie het op inligting gereageer. Met hul inhegtenisneming is ook beslag gelê op ʼn silwergrys Isuzu-bakkie waarmee die drie glo by Williams se huis opgedaag het.

Die polisie het ʼn selfoon van een van die verdagtes gekonfiskeer en die oorledene se karsleutel en enkele kledingstukke van hom teruggekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Speedguard ·

Ek dink ook dit is belaglik maar mag die Landros nie sy eie afleidings maak nie, die ondersoek beamte en die aanklaer moes redes gee om die borgtog teen te staan deur middel van getuienis, dit is waar hulle dan die Landros moet oortuig om ‘n beter beslissing te maak, ek dink hulle het versuim in hul taak om dit te doen !

Eben ·

Dit is eenvoudig skrikwekkend dat iemand so maklik borg kry vir so gruweldaad wat in elk geval vooraf beplan was. Die mense het geweet dat hulle dit gaan doen, hulle was dan gewapen met hul aankoms. Absolute tragedie!!!!!

Willem Grobler ·

R1000 borgtog vir moord? Een ding is seker – hulle kan nie wit wees nie!

Hoe nou.... ·

Eks verbaas dat die borgtog so hoog is. Hulle is duidelik nie wit nie…..maar hulle het niemand van n bakkie afgegooi nie dis dalk hoekom?!

Helen ·

Vra ek ook? Moordenaars beehoort glad nie op borgtog vrygelaat word wat nog te sê teen so ‘n belaglike bedrag. Dis om van siek te word.

Kapenaar ·

Hulle gaan seker van paspoorte ook voorsien word om oor die grens te kom…. wat ‘n klug!!

Saartjie ·

BELAGLIK OM DIE MINSTE TE SE……….. R1000 BORG VIR MOORD?????????????????????????????????????????????????????? DIT RAAK AL MAKLIKER OM TE MOOR!!!

Anoniem ·

Belaglik waar gaan dit eindig. Ons sal nooi weer in die land veilig wees nie. Hoe kan dit die daad wat hier gepleeg is n R1000 regverdig???

hb ·

Ja wragtig. Klap inni gesig. Blankes se lewens niks meer werd nie

Muffin ·

Nou gaan hulle seker weg raak en so gaan die saak dood loop.

James ·

Regs”geleerdes” en politici verdien GEEN respek nie…al dink hul, hul loop op water.

Juane Viviers ·

Terwyl ons almal môre sy begrafnis gaan bywoon om afskeid te neem. Is die drie op vrye voet. Breek my hart as vriendin, ook as n mamma om te dink dat dit die voorbeeld is vir ons jeug.
Sien nie n toekoms vir my of my gesin meer in hierdie land.?

Wayne ·

Die boodskap is baie duidelik. Vermoor witmense, geen nuusdekking, borg van R1 000 op eerste verskyning en die regters sal jou beskerm, maar as witmens skeef kyk vir swartmens, geen borg, nuusdekking vir 2 jaar en11 jaar tronk toe. Ek verlang na geregtigheid en apartheid.

Sonja Theron ·

Borgtog vir n moord . N sirkus wat in ons howe gebeur.

Pote ·

Ure se werk om die drie verdagtes vas te trek. Verskeie spanne van verskillende wetstoepassing eenhede het van die aand van die moord totdat die verdagtes agter tralies was gewerk. R1000 borg met n goeie kans hul gaan verdwyn. Wat kan mens sê

Begrafnisganers ·

Die wat die begrafnis bywoon moet hulself bewapen. En oplettend wees….julle is nou gemerk vir hulle wraak..daarom is hulle vrygelaat..om verder te moor..ek waarsku net vooraf!! Ons wit mense kan eenvoudig nie die feite ignoreer!! Sterkte maar wees op jul hoedens!!

Clipper ·

Dis n grap. R1000 borg vir voorbedagte moord. Ons regstelsel is soos lego dit word aangepas soos wat die regters voel. Hierdie is belaglik en indien hulle nie opdaag vir die verhoor moet die regter gevonnis word

Dewie ·

Ek bly nou nie in Pietersburg nie .Waarom het daar nie n honderd wittes buite die hof die stem gesing nie en gedreig om hulle te vermoor sou hulle borg kry.Gemeenskappe behoort mekaar beter te ondersteun
Glo my was die geweld wit op swart het daai dorp gebrand.

Meisiemens ·

Al 3 uit op borg….

En sy arme joung vrou lewe nou in vrees dat hulle dalk sal terugkom en haar ook leed aan doen?

Only in SA…. Mense, dit raak scarier by die dag.

Marika Bresler ·

Dit was so on nodig! Gaan heel waarskynlik ‘n paar jaar dit en dan uitstap as geskoolde kriminele!

tamboti ·

Vloek my, kruisig my of verag my, maar die’ wat gestem het vir die “vreedsame”‘ oorgawe van mag, veroorsaak nou dat ons almal ly daaronder.
Die enigste manier om dit weer reg te stel is om die meerderheid van die land se kiesers te oorreed om van die vrot wanpresterende regering onslae te raak.
So sterkte daarmee, kyk of hul na jul rede wil luister!

jakes ·

Volgens die strafproses wet moet n verdagte buitengewone redes verskaf waarom hy borgtog toegestaan moet word vir n skedule 6 misdaad. Watter redes is hier verskaf en hierdie saak moes deur n streeklandros verhoor word. Geen wonder dat regsgrade in SA nie meer in eerstewereldlande erken word nie.

MS ·

R1000 borg elk en wanneer hulle nie in die hof opdaag nie gaan die polisie wees honderde duisende rande in beloning aanbied om hulle te vind. Intussen is hulle vry om weer en weer te moor en wie weet wat nog. G’n wonder ons moord syfers is so hoog nie. Jy is beter af om te moor en te verkrag as wat jy is om kindertjies volgens hul eie “soort” te groepeer in n klas op hul eerste dag by die skool.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.