Motorfietsongeluk eis jong man

Die motorfiets se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Jong man, vermoedelik in sy 20’s, is Maandagaand in ʼn botsing in Gauteng dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man was in ʼn botsing met ʼn motor in ʼn straat in Vereeniging betrokke.

“Die presiese aard van die ongeluk is onbekend en word ondersoek,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring is die wrakke van die motor en motorfiets in die middel van die pad aangetref. “Die motorfietsryer het sowat vyf meter ver van die motorfiets af gelê. Die man is ondersoek en het reeds aan sy beserings beswyk. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die bestuurder van die motor is nie in die botsing beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Mike ·

Ai ai nou al elke week,wens die motor bestuurders wil meer bedagsaam wees,dit laat my wonder wanneer is dit my beurt,Biker van 42 jaar………….

Luke ·

Eks self ook n biker van 32jaar, ek moet sê ons kan nie altyd die motoriste blameer nie, as ek op Sondae kyk hoe jaag die jong ouens, dan word daar n paar biere gevat, en dan klim hul weer op.

HBK ·

Ja Mike, ek wonder ook maar elke dag. Die lewe is vol risiko. Dis die een wat ons neem.

stef ·

dit was my friend n man het die stop straat geskip . net so in n oogwink so dit is nie net altyd bikers nie …….. net mense wat kan maak wat hulle wil want dis mos hoe ons land is en ek weet daai man gan niks oorkom nie omdat……

Tanya ·

Ai Mike. Ek het self ‘n motorfiets wat staan en stof opgaan en vir geen ander rede as veiligheid nie. Ek het op ‘n plaas grootgeword en motorfiets ry was deel van my lewe vandat ek 4 jaar oud was. Mens raak mak, ja, ek as “biker” se dit self. Jy vat kanse deur die verkeer, jy vat kanse by ‘n robot en so vat motors ook kanse. Ons kan nie altyd die motorverbruikers die skuld gee wanneer iemand op ‘n motorfiets sterf nie!!!

Johan ·

Glad nie mooi nie maar ja die mense moet ook maar kyk vir ons bikers ons betaal ook belasting en het net soveel reg op die pad

Albert Juergen ·

Daars oordentlike motorfiets ryers en motorfiets ryers wat roekeloos bestuur en wat nie ‘n flenter omgee vir spoed verkeerswette en verkeersligte nie! Ek self bestuur al die afgelope 51jaar waarvan 24 jaar elke dag in Port Elizabeth, en sien elke dag hoe roekeloos sommige motorfiets bestuurders bestuur! Het self as jongman motorfiets bestuur! My oorlede pa het ook jare lank ‘n motorfiets gehad en gery en het vir my gesê as jy nie ‘n motorfiets met respek bestuur nie, sal dit ‘n doodskis op wiele vir jou word!

Kosie ·

Daar is net een ding wat gevaarliker is as motorfietsry op ons paaie en dit is fietsry. Die mense ry jou van die pad af. Ek het al oorweeg om ‘n motorfiets aan te skaf maar is te bang, te gevaarlik op ons paaie.

Jeannette ·

Kosie – ek sien dit elke dag: fietsryers (en ek veralgemeen) is selfsugtig en ry wanneer en waar hulle nie moet nie. Gisteraand kry ek twee fietsryers: dit is pik-stikdonker – hulle ry op ‘n nasionale pad, REG LANGS MEKAAR, met ander (onder meer swaar) voertuie, wat agter hulle moet aankruie, want hulle ry in die geel baan, met nie genoeg spasie vir ander voertuie om veilig verby te gaan nie. Daar is geen reflekterende klere of waarskuwingsliggies agter aan hul fietse nie, maar – dit troos darem – hulle dra valhelms en ordentlike fietsryklere.

Hier in Worcester het ons op vele plekke fietsrybane, veral in die strate rondom ons plaaslike inkopiesentrum – maar dink jy alle fietsryers gebruik dit? Dink weer ‘n keer! Dink jy alle fietsryers dra reflekterende klere, valhelms, veiligheidstoerusting, flikkerliggies en voorlig? Dink weer!

Maar van ons motoriste word dit verwag om die “pad met hulle te deel” want hulle betaal ook lisensie. Watter lisensie? Ek weet nie van lisensies vir fietsryers nie, ten minste nie in óns munisipale gebied nie. Motorfietsryers betaal wel lisensies. Dit kom neer op een ding: kom die wet na en het respek vir mekaar.

Sterkte aan die arme jong man se gesin, vriende en familie in hul rou-tyd.

Piket ·

Ek ry nog steeds motorfiets, 49 jaar al, maar nie meer so baie nie,
paaie is n oorlogsone, kan nie vir een oomblik waaksaamheid verslap nie.
dis rerig nie meer lekker nie…

Afrikaanse Knaap ·

Ek sê altyd vir my vriende jy val nie van ‘n motorfiets af nie, iemand stamp jou af. ‘n Man kan nie op ‘n motorfiets klim as hy nie al die beskerming dra wat geld kan koop nie.
Ek is bitter jammer vir hierdie jong man en sy familie.

Landi ·

Ek het dit al voorheen gese; Moenie net die motoriste blameer nie, ek ry elke dag die hoofweg en glo my ek kry heelwat arrogante motorfietsryers wat ry soos dit hulle pas. Net so kry jy motoriste ook wat ry soos dit hulle pas, dit is en bly n gevaar om op ons paaie te wees want niemand gee meer om vir n ander nie, Mense is selfsugtig en verwaand. Ja taxi bestuurders baie erger as die res maar solank daar nie iets gedoen gaan word nie, gaan mense die padreels gebruik soos dit hulle pas

Ann ·

N Bestuurder ry soos wat sy persoonlikheid is. Is jy verdraagsaam of n boelie…

Chris Ws ·

My ouer broer het ‘n motorfiets besigheid gehad vir 15 jaar.Dit het my genees van ‘n motorfiets!Sy “mechanic” en sy jong vrou is albei dood op sy 3 silinder Kawasaki.Baie ander bekendes het ook dood verongeluk op hul “bikes”.’n Vriend van my se oudste seun het paar maande terug ook op een dood verongeluk.Die wat oorleef het was gebreklik vir die res van hul lewens.Nee wat niemand het genoeg geld om my te BETAAL om op ‘n motorfiets te klim nie!My innige simpatie gaan aan die familie van die’ jong man.

laevelder ·

fietse en mitirfuetse us nnagmerrie op hierdue laeveldse kronkelpaaie. waar daardie motorfiets reg uit die “son” reg Lang’s jou voertuig met n ma-se-gebrul verskyn. dan besef jy jy kon so maklik van van verander het net katastrofiese gevolge. of jy kom om daardie kirt draaitjie en daar is n bondel fietsryers versprei oor driekwart van albei bane en daar is net mooi nerens om heen te gaan nie. wie fee die mense tiestemming I’m hulle fietsry-rallies op hierdie paaie te hou?

Poot ·

laevelder
Ek moet sê, ek het jou stukkie kommentaar terdeë geniet.

Mike ·

stem saam met julle almal,maar Chris daar is meer kreupeles na n kar ongeluk as motorfiets,ek sal glad nie omgee om so te gaan nie..

MV ·

Mike, ek stem saam met jou. Ek ry self motorfiets, al vir 10 jaar, maar net naweke, wanneer die motoriste bietjie rustiger bestuur as deur die week. Daar is soveel dinge wat mens se einde kan beteken in die lewe, veral in S.A., dan praat ek nie eers van siektes en wat nog alles nie. Mens het net een lewe, leef dit. Die oomblikke wat ek op my motorfiets beleef, maak al die ander stres die moeite werd.

Realis ·

In die land is dit gevaarlik om in ‘n motor te ry, nevermind ‘n motorfiets….. Ons het van die wereld se mees onbedagsame en onverskillige bestuurders, dis ‘n feit. So nee wat, ek bly weg van ‘n motorfiets in die land. In Centurion hoor jy van vroeg tot laat hoe motorfietse jaag op en af in Ou Johannesburgweg…. Ongelukkig is daar heelwat onbekwame motorfietsbestuurders daar buite wat eerder moet kar bestuur….

Susan ·

Dis my broer se seun ..julle veralgemeen nou en kritiseer sonder dat julle feite het en maak ons seer. Hy was oppad huistoe 5uur na werk. Dink eerder volgende keer as jy n robot skip…Dan dink julle aan Shaun. .hyt dit nie verdien. En dink asb wat julle post.

Herman ·

My innige simpatie ek by ook in Vereeniging twee maande terug het n suster ook stopstraat geskip ek gegly en geval gelukkig net ligmente geskeer sterkte vir die familie

anton ·

Ek ry al 37 jaar motorfiets en moet sê so 22 jaar gelede het dit al hoe meer gevaarliker begin word vir motorfietse op ons paaie.
Voor dit was dit nog n plesier om motorfiets te ry maar deesdae is daar net te veel onbevoegde motorbestuurders op ons paaie wat nie kan bestuur nie en wat hulle nie aan padreëls en wette steur nie. Ek ry uiters versigtig maar dit word daagliks meer stresvol. Om motorfiets te ry is tog so lekker. Mense wat nie motorfiets ry sal dit nooit verstaan nie.
Waar is die goeie ou dae heen? :-(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.