Motorfietsongeluk eis Pta-tiener

Argieffoto

ʼn 17-jarige leerder aan Hoërskool Garsfontein in die ooste van Pretoria is Vrydagmiddag dood toe hy ná skool in ʼn motorfietsongeluk betrokke was.

Volgens Gareth Pahl, woordvoerder van Hi-Risk Unit se mediese eenheid, het die ongeluk omstreeks 13:00 naby die aansluiting van Serenestraat en Kommetjiesingel plaasgevind.

“Hy het die aansluiting van Jacquelineweg se kant af genader toe hy om een of ander rede beheer oor sy motorfiets verloor en teen ʼn boom langs die pad gebots het,” het Pahl Saterdag aan Maroela Media gesê.

Die seun is in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy is op die toneel behandel en in ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

“Daar is onverpoosd in die ambulans en in die hospitaal noodhulp op hom toegepas, maar ná ʼn poging wat ʼn hele ruk geduur het, is hy in die hospitaal dood.”

Pahl het gesê daar was vermoedelik nie nog ʼn voertuig in die ongeluk betrokke nie.

Meer besonderhede oor die ongeluk is nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het die ongeluk aan Maroela Media bevestig.

Die Garsfontein-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Maroela Media het navraag oor die leerder by die skool gedoen en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

LMF ·

Agge neeeee so hartseer ek heti woorde nie almal gaan seker nou weer n eiertjie lê oor motorfietse en spoed maar ASB hier is n kind dood en daar gebeur meer kar ongelukke as motorfietse ek op sektor en net in die middag in my area was daar noual 5 ongelukke RIV

Rita de Kock ·

Ek is 66 en vandat ek op skool was sterf daar elke jaar jong mense. Motorfietse, karre en watter manier ook al. Dit is jong mense weggeruk en is elke keer ontstellend. Kan net die ouers krag van bowe toebid in hierdie hartseertyd.

al ·

Dis hartseer, elke jaar eis voertuie en motorfietse jong lewens wat nog skaars begin het. Party kinders meer onverskillig as ander. Op daardie ouderdom.voel dit vir jou of jy onsterflik is. Sterkte aan die gesin.

Daan ·

Innige simpatie aan die familie.LMF,feit is dat indien die klein botsings waarin ek betrokke was in motorvoertuie,op ‘n motorfiets plaasgevind het,dan sou ek verseker ernstig beseer of dood gewees het. Mens is maar net meer blootgestel en kwesbaar op ‘n motorfiets. Ouers,koop liewer vir jou kind ‘n motor as jy lief is vir hom,en jy is wel.Of vat hom self skool toe,of reel vir vervoer.As hy rebelleer vat hom hospitale toe of praat met ambulanspersoneel.

Johett Oberholster ·

Dit is voorwaar nie die forum vir sedepreke nie. Hy was ‘n pragtige kind en dit was ‘n ONGELUK. Sy ouers se troos is daarin gelee dat hy in God se arms is. Hulle het dit aan my gese.

Niel ·

Ek was 15 toe ek my eerste motorfiets gekry het, ry tot vandag toe nog motorfiets, as dit jou tyd is, is dit jou tyd, of jy nou stap, motorfiets ry, motorbestuur, vlieg watokal. En net so btw kan jy nie op 17 motor bestuur nie. RIP champ!

Anso Nel ·

Baie sterkte aan sy ouers, maats en familielede. Dis ‘n baie moeilike pad wat voorlê. Moenie julself blameer of dat “sedepreke” jul ontstel, dis van ongevoelige mense wat self nog nie ‘n kind verloor het nie.

Mel Berg Pekema ·

Ouers, moet tog nie toegee en bromponies of motorfietse vir jul tieners of jong volwassenes aanskaf. Die risiko is net so groot dat dit nooit die moeite werd kan wees. Dit is nie julle skuld. Ongelukke gebeur en dis baie tragies. Ons kinders en geliefdes is aan ons geleen en ons weet nooit wanneer dit ons tyd is om aan te beweeg.
Aan die skool, vriende, familie en ouers ..my innige meegevoel. My hart gaan uit vr julle. Mag jul bomenslike krag en vrede en troos ontvang in hierdie baie moeilike tyd van verlies, pyn en hartseer.

SARIE VAN HEERDENS ·

‘n Voorstel dat ouers liewer motortjies vir hul kinders moet koop is nie altyd haalbaar nie. Kinders sal ook liewer ‘n motortjie wil besit maar eerstens is die oudedom vir ‘n lisensie baie laer as vir ‘n motor. Tweedens is dit baie keer die meer praktiese en ekonomiese wyse waarop die kind van punt A na punt B kan kom. Beide van hierdie opsies was teenwoordig in my kleinkinders se gevalle. Ons kan hul maar net leer en waarsku om stadig te ry en die padreels na te kom. So baie keer het ek middernag snags agter my een kleinseun aangery wanneer hy teruggekom het van sy nagskof by ‘n eetplek.

charl ·

eks hartseer oor wat gebeur het .ek wil net se I motorfiets is gevaarlik jy staan I beter kaans om te oorleef in I kar as I motofiets my pa se pa was in I motorfiets oorlede I trok het aan die verkeerde baan gery toe tref my pa se pa daai trok toe is hy dood .my pa is bang vir I motorfiets en ek ook .hy se as hy my vang op I motorfiets ry kry ek I pakslae.baie jamer oor wat gebeur het rus in vrede

Vissie ·

My opregte meegevoel aan daardie kind se ouers. My oudste kleinseun is op 19 ook in Pretoria in ‘n motorfietsongeluk dood, ‘n paar jaar gelede al, en my en sy ouma se harte is nou nog seer daaroor, want ons dink daaraan dat hy ongeveer nou self met ‘n huwelik en ‘n gesin sou begin het.

Daan ·

Johett,hierdie is ‘n nuusblad.As ons ‘sedepreke’ een lewe mag red dan is dit die moeite werd.Dan kom daar ook iets mooi en positief uit sy heengaan.

Daan ·

Sarie,die probleem is die ander padgebruikers kom nie die padreels na nie.Mens moet dan maar versigtig ry en vir die ander motoriste se part dink.’ n Motorfiets is baie kleiner en moeiliker om raak te sien.

Edith du Toit ·

Sterkte aan julle as gesin.
My seun was Maandag oggend ook in ‘n groot motorfiets ongeluk en die engele het hom bewaar. Dankie God daarvoor.

Daniel Viljoen ·

‘n Motorfiets is gevaarlik, ja, maar die enigste twee kere wat ek ooit met enige van my motorfietse geval het, was as gevolg van my eie onverskilligheid. Ek was waaghalsig en ‘n gekraakde kakebeen, vyf tande en sewe steke later het ek een ding geleer: Jy bepaal jou eie veiligheid. Ek was wel een maal in ‘n motorfietsongeluk betrokke waar iemand doelbewus my met hul kar gestamp het – die een dag wat ek my volle motorfietstoerusting gedra het. Dis egter nie nodig dat jy jou kind van motorfietse verbied nie. Koop vir hom ‘n motorfiets. Maar koop ook vir hom beskerming: ‘n Ordentlike volgesig-valhelm, ‘n motorfietsbaadjie met padding, motorfietsstewels en belangrikste van alles, ‘n nekstut. Dit red lewens. En moet tog nie vir jou kind ‘n vinnige motorfiets koop nie, want hy GAAN jaag. Alle jongmense doen. Maak net seker hy is veilig, sou hy val. Verder hang dit alles van jou kind af. Jy weet of jou kind verantwoordelik bestuur. Jy weet of hy ‘n motorfiets met respek gaan hanteer en of hy gaan jaag sonder om om te gee. Jou kind bepaal sy eie veiligheid.

Hannelie du Toit ·

Ek het Vrydag verby die toneel gery en ek het net Jaco se lyf en voete gesien…. sy matriek maats was by hom. My hart gaan uit na sy ouers. Ek kan myself nie eers in hulle skoene sit nie. Vanoggend is ek weer verby die toneel en dit is ‘n lelike draai in die pad en ek kan verstaan dat hy dalk net nie die draai reg gevat het nie en beheer verloor het. Ek is so bitterlik jammer en ek hoop die skool sal ook berading kan gee vir die kinders, want dit moes so moeilik gewees het om hul maat te groet. My innige simpatie aan sy ouers.

Biker ·

Ek het groot geword op n motorfiets, plaas, skooltoe, werktoe en baie langafstande ook afgele. Ek is 51 jaar en nogsteeds ry ek motorfiets. Moet asb nie die motorfiets die skuld gee nie, as dit jou tyd is, dan is dit. Daar gaan meer mense dood in motorongelukke en kapings as op motorfietse. Soos dit is, as dit jou tyd is om te gaan sal jy gaan maak nie saak waar en op wat jy is nie.

Afrikaanse Knaap ·

‘n Motorfiets, soos baie middele, kan verseker jou dood veroorsaak.
Maar vir baie mans (vroue seker ook), myself ingesluit, is dit die enigste middel wat hom laat lewendig voel.
‘n Mens maak daai som voordat jy op die motorfiets klim.
Ek hoop die seun het nie gelei nie, en ek hoop sy familie kan met tyd vrede vind.

Theresa ·

Innige simpatie aan die ouers, familie en vriende. Hoe tragies. Mag jul al die krag ontvang om hierdie gebeure te verwerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.