Motorfietsongeluk lei tot nóg 2

Een van die motorfietse wat in die ongeluk betrokke was (Foto: ER24)

Drie motorfietsryers van Howick in KwaZulu-Natal is Saterdag beseer toe een van die mans beheer oor sy motorfiets verloor het wat daartoe gelei het dat twee ander mans óók beheer oor hul fietse verloor het.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê al drie mans het in die middel van die pad gelê toe die nooddienspersoneel by die toneel aankom.

“ER24 en lede van ander nooddienspanne het die mans ondersoek en bevind dat hulle al drie matige beserings opgedoen het. Hulle is daarna na die hospitaal vervoer,” sê Van Huyssteen.

Volgens haar het een van die motorfietsryers in ʼn versperring vasgery waarna die ander twee ook beheer oor hul motorfietse verloor het.

Twee mans van KwaZulu-Natal, vermoedelik in hul 30’s, is Saterdag in ʼn ander motorfietsongeluk beseer toe ʼn motorfietsryer beheer oor sy fiets verloor en die mans getref het.

Volgens Van Huyssteen is die twee voetgangers na die hospitaal geneem terwyl die motorfietsryer nie beserings in die voorval opgedoen het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snoefie ·

maak mens wees dit dan nie n outomatiese aanname dat alles en almal respekwaardig is nie?

Ysterperd ·

Wonder of dit weer een van daardie perde is wat sonder nommerplate rond jaag…… Deesdae is dit mos mode.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.