Motorfietsrenne: Binder-broers skitter

Brad Binder. (Foto: Facebook)

Klink ʼn glasie op Suid-Afrika se Brad en Darryn Binder van Krugersdorp.

Brad Binder (KTM) het Sondag vyfde geëindig in die Valencia MotoGP wat in Spanje beslis is terwyl sy jonger broer Darryn agtste in die Moto3-afdeling was.

Nie veel om oor huis toe te skryf nie?

Dink ʼn slag weer.

Dit is teen die beste motorfietsjaers in die wêreld; teen die beste fabriekspanne.

Brad Binder het nou 87 punte op die punteleer en is as vanjaar se groentjie van die jaar gekroon met nog een ren oor. Hy is 11de op die kampioenskapspunteleer en het die Tsjeggiese Grand Prix teen alle verwagting in sy eerste jaar in MotoGP teen die beste spanne ter wêreld gewen.

Plaas dit in perspektief.

In MotoGP is Suid-Afrika (wat net deur Brad Binder verteenwoordig word) agtste van alle lande. Spanje het die meeste punte (hulle het nege jaers), met Italië (agt jaers) tweede.

* In Moto3 is Suid-Afrika (wat net met Darryn Binder spog) agtste, met nege Italianers, agt Spanjaarde en ses Japanners wat byna weekliks teen hom meeding.

* Ná Sondag se MotoGP-ren is Joan Mir (Suzuki) as vanjaar se wêreldkampioen gekroon, hoewel hy Sondag sewende was.

Die ren is deur Franco Morbidelli (Yamaha) gewen met Jack Miller (Pramac Racing) tweede.

Pol Espargaro (KTM) was derde. Dit is Suzuki se eerste wêreldtitel sedert 2000.

* In Moto3 was Tony Arbolino (Honda) eerste, met Sergio Garcia (Honda) tweede en Raul Fernandez (KTM) derde.

Darryn Binder was vyfde.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – RED.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boerkind

Baie goed gedoen!! Mens kan trots wees op die twee van Suid Afrika!!

Neels

I’m not a biker but this is the best live entertainment on tv-action from start to finish.

Stefan

Well done, kyk dit baie eerder as F1 wat ek tot laasjaar (voor BLM nonsens) gekyk het.

Casper

Wat het die haan vir die hen gesê toe hy die volstruiseier sien?Dit kan gedoen word.Geluk aan die Binder broers maar is hulle nie re veel wittes nie.