Motorfietsryer beland in kaktusse om ongeluk te vermy

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn Motorfietsryer is Sondag in ʼn kritieke toestand na ʼn Gautengse hospitaal geneem nadat hy onder meer tussen kaktusse beland het om ʼn botsing met ʼn stilstaande voertuig te vermy.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 16:30 naby die aansluiting van Olga Kirsch- en Helgaardstraat in Vanderbijlpark plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel het die motorfietsryer vermoedelik vir ʼn stilstaande voertuig uitgeswaai. Sy motorfiets het teen ʼn muur langs die pad gebots, waarna die man tussen kaktusse beland het,” het sy gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer en weens sy kritieke toestand moes hy met ʼn helikopter van Netcare 911 na ʼn traumahospitaal in Johannesburg geneem word vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

thelsa ·

Ek kom nie van die plaas af nie maar ken die verskil tussen poefies en modder. Hoekom kom die woord “SPOED” eerste by my op. . . . stilstaande voertuig uitswaai . . tref muur langs die pad . . . huh ????? en dit alles @60k/uur.

Genoeg ·

Thelsa, die inpak verdubbel. So as hierdie fiets 60km p/u teen ‘n muur vasry is die spoed waarmee hy deur die lug trek 120km p/u.

Jan ·

Nee Genoeg, jy is verkeerd. Die impak van ‘n botsing tussen 2 voertuie wat elk teen 60km/h na mekaar toe beweeg is wel soortgelyk aan ‘n botsing van 120km/h teen ‘n stilstaande voorwerp. Maar as jy teen 60km/h teen ‘n stilstaande voorwerp bots en geslinger word gaan jy aanhou beweeg teen 60 km/h, geen ekstra energie word immers toegepas om jou te versnel nie. Gaan dink ook aan mense wat met trap fietse val of bots (die fisika beginsel is dieselfe), hulle verdubbel nie skielik hulle spoed nie soos hulle val nie.

Sê net. ·

Genoeg, as jy teen 60km per uur teen stilstaande voertuig bots en jy beweeg dan teen 120km per uur is dit ñ wonderwerk. Die impak se spoed verdubbel slegs as twee voorwerpe altwee teen 60km per uur en in teenoorgestelde rigting beweeg en dan bots. Glo my, Kimberley het ñ bike rally die naweek gehad en die motorfietse het heeltyd op en af gejaag.

Cherokee ·

Deur ‘n onbedagsame motoris het die motorfietsryser in die eerste paragaaf van die vetplante beland. En thelsa, jy kom beslis van die plaas af. ‘n Vêr afgeleë plaas andersins sou jy besef het wat 60-kmu na ‘n eensklaps 0-kmu beteken.

Cornelia ·

Cherokee, kyk na jou eie spelling . Jy is mos so gesteld daarop.
Ai. Ai.

Kobus ·

As jy nie ‘n motorfietsryer is nie… moet eerder nie kommentaar lewer nie…

Landsverraaier ·

Sy laaste woorde was seker “Ag kaktus”. Hoop hys weer gou op sy voete!

Peter ·

so sad dat die eerste 7 hoog geleerde skrywers stry oor dits en dats, nie een van hierdie slim outjies het meegevoel met iemand wat in n erinstige toestand per helicopter na n hospital is en miskien nog veg om te lewe, bid eerder dat hierdie man sal herstel

Skokkend ·

Peter stem saam jou! Dan vra die wat so stry hoekom is ons land soos hy is!!!!

Corrie ·

Ek dink julle moet julle feite eers reg kry voor julle kommentaar lewer. En die inligting wat bo verskaf word is onakuraat. Dit het voor ons erf gebeur. Ons was daar.

Landi Slatter ·

Dagsê Corrie

Dankie vir jou terugvoer. Die inligting soos in die berig vervat is presies soos wat ons dit van Netcare 911 se woorvoerder af gekry het. Jy kan gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] toe stuur met die ander inligting wat jy het as jy wil.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Beesblaas ·

As jul Natskei op skool gehaat het en sie formules kan onthou sal jul wel ook kan uitwerk dat as 2 voertuie teen 60km n uur teen mekaar vas ry is die inpak nie teen R120km n uur nie. Let wel dat die tyd van inpak staan al 2 voertuue still. So elke viertuig se inpak spoed bly 60km n uur. Slaan maar die boeke oop as jul my nie glo nie.

Vic van Wyk ·

100%. Mythbusters het bewys die skade aan n voertuig wat teen sê maar 60km/h in n muur vas ry is identies aan die skade indien dit reg van voor bots teen n motor wat ook 60km/h ry. Die beginsel is dat die energie nodig om die voertuig te stop en dus die gevolglike skade dieselfde bly

Pierre ·

Dankie vir die Wetenskap klas…. Nou is ek ook slim. Hoop die moterfietsryer is ok.

t ·

Kom ons almal bid en hoop die ryer maak dit.
Ek dink die rede hoekom die kommentators nie baie simpatie met die ryer het nie is omdat baie motorfiets ryers nie respek het vir ander padgebruikers nie. As jy ervaar hoe hulle teen hoë spoed tussen die verkeer deurvleg, lyk dit asof hulle ook nie respek vir hul eie lewe het nie. Ek bly 150m van die stopstraat in Flowersstraat af. Dit is nie ongewoon om motorfiets ryers teen 150 km/h voor my huis te sien verbygaan nie. Die hoogste snelheid was 180km/h. (Ek tel die raampies wat die ryer voor die sekuriteitskamera is. Teen 60km/h is dit 18. Van hulle is tussen slegs 6 en 9 raampies sigbaar.)

Sarie ·

Mense – maak dit nou saak wat die impak was? Dis ‘n mens wat gedink het terywl hy gery het. Wat as daar iemand in die kar was en hy het dit gesien, met die dat hy uitgeswaai het, mmmm? Daar was dalk diesel op die pad en dit het veroorsaak dat hy verder gegly het. ‘n Motorfiets ryer is ook ‘n mens. Ons bly in ‘n besige straat en glo my – ek het al meer ongelukke sien gebeur deur onnosele voertuig bestuurders wat sommer net voor motorfiets ryers indraai en dan sê “Ek het hom nie gesien nie” . Was daar iets fout met jou ore – seker ook nie gehoor nie (veral as hy so kamstig vinnig gery het. Enige mens weet as ‘n motorfiets spoed vermeerder of vinnig gery – hy mag ‘n harde geluid. So sorry – “nie gesien nie” doen dit nie vir my nie. Motorfiets ryers verdien nie om gejudge te word nie. Ek het baie respek vir hulle – hulle doen baie vir ander mense – Santa Run, Toy Run en liefdadigheid – Wat doen jy – Motoris?

Logieka ·

Jy is doodreg oor hoeveel motoriste se hulle het nie die motorfiets gesien nie.
Maar graag wil ek jou bietjie reg help mbt basiese logieka.
Daar is n rede hoekom die spoedbeperking in n dorp 60km/h is. Dit is nie n hoofweg of resiesbaan nie. Mense gaan uit sy paaie of hulle huise indraai in n pad. Iemand wat by die spoedgrens hou sal gesien word, maar as die jy teen 150km/h jaag gaan niemand jou sien nie, toe hulle kyk of hulle kan indraai, was jy nog nie in die prentjie nie. Basiese logieka. As n vereiste vir motorfiets lisensie was dat die ryer n IK van meer as 100 moet he, sou minder van hulle dood gegaan het.
En nee ek het nie simpatie vir hulle nie, as hulle op n baan gaan jaag en hul eie lewens in gevaar stel is dit reg, maar hulle jaag so in die dorpe, waar ons kinders dalk gou n bal wat in straat hop gaan haal. Waar kinders en ander mense op fietse ry. Hulle stel ander mense se lewens in gevaar om dat hulle te onosel is om te besef die spoedgrens is daar vir n rede

chris liebenberg ·

slim jannies ek vra toon bietjie respek vir die ryer want julle was nie daar nie
maar tiepies van somige mense wil net atyd oordeel moeg vir die disrespek
wat ons ryers kry BIKER BROER STERKTE OU MAAT GOD SAL SORG

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.