
Die motorfietsongeluk in Margate op 22 Junie 2015 Foto: Netcare 911
ʼn Motorfietsryer is in ʼn ernstige toestand nadat hy Maandagmiddag in Marinerylaan in Margate, KwaZulu-Natal, ʼn motor van agter getref het.
“Die man het ernstige beserings opgedoen en het in die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die man is op die toneel gestabiliseer en daarna na ʼn hospitaal geneem.”
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die motorfietsongeluk in Margate op 22 Junie 2015 Foto: Netcare 911
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Is hy nie dalk in ‘n TOESTAND ?
Jy is reg Jakes.
Dit is ” . . . is in ‘n ernstige TOESTAND . . . ” of ” . . .WAS in ‘n ernstige ongeluk . . .”
Tensy ons twee se taal nie hierby inpas.
Lyk my Maroela sukkel biki met die afrikaanse taal
Dit is ‘n bitterlike moeilike taal, veral die “r” en “g:. So ons moet maar geduldig wees.
In die land maak almal foute, ander sin word wetgewing. Dus kan ons maar ontspan , maroela het dit mos reg gestel!!!