Motorfietsryer beseer in Margate-ongeluk

Die motorfietsongeluk in Margate op 22 Junie 2015 Foto: Netcare 911

Die motorfietsongeluk in Margate op 22 Junie 2015 Foto: Netcare 911

ʼn Motorfietsryer is in ʼn ernstige toestand nadat hy Maandagmiddag in Marinerylaan in Margate, KwaZulu-Natal, ʼn motor van agter getref het.

“Die man het ernstige beserings opgedoen en het in die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die man is op die toneel gestabiliseer en daarna na ʼn hospitaal geneem.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die motorfietsongeluk in Margate op 22 Junie 2015 Foto: Netcare 911

Die motorfietsongeluk in Margate op 22 Junie 2015 Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Jakes

Ons vra om verskoning vir die flater!
Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peet Schabort ·

Jy is reg Jakes.
Dit is ” . . . is in ‘n ernstige TOESTAND . . . ” of ” . . .WAS in ‘n ernstige ongeluk . . .”
Tensy ons twee se taal nie hierby inpas.

Tonteldousie ·

Biki? Duidelik nie net Maroela wat met die A(hoofletter)frikaanse taal sukkel nie…

Se Maar Net ·

Dit is ‘n bitterlike moeilike taal, veral die “r” en “g:. So ons moet maar geduldig wees.
In die land maak almal foute, ander sin word wetgewing. Dus kan ons maar ontspan , maroela het dit mos reg gestel!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.