Motorfietsryer by saamtrek doodgesteek

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn Motorfietsryer is glo Saterdag  by  ʼn motorfietssaamtrek buite Polokwane in Limpopo deur ʼn ander motorfietsryer doodgesteek.

Kapt. Mohlaka Mashiane, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê daar word beweer dat een van die motorfietsryers die ander probeer belet het om te ry omdat die man glo onder die invloed van alkohol was.

“ʼn Bakleiery het na bewering uitgebreek en een van die mans het die ander glo met ʼn mes in die bors gesteek. Die slagoffer is op die toneel dood,” het Mashiane gesê.

Die 43-jarige verdagte is kort daarna in hegtenis geneem op aanklagte van moord. Sy naam kan bekend gemaak word ná sy eerste verskyning in die Polokwane-landdroshof.

Die slagoffer se naam word weerhou totdat hy uitgeken  is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Francois

Wonderlik, nou begin ons, ons eie aanval nes hulle…

Peet Schabort

Dis nou glad nie mooi nie sou daar wel drank betrokke by wees. Jy probeer ‘n man se lewe red en hy maak jou dood.
Inteendeel sou daar nog ander padgebruikers wees wat ook hul lewens kon verloor.
Kom ons kyk of daar ‘n lessie te leer is hieruit.
Sterkte aan vriende en fam. vir ‘n man wat sy plig wou doen en dan met sy lewe boet. Maak net nie sin.

Gideon

Dit lyk vir my tog of my pa reg was- bikers met hulle tatoeërmerke en vuil toutjies hare is skuim van die aarde

Marietjie Naude

Die berig het paar foute. Ek reel die begrafnis, dis blanke persoon en hy is in sy vroee 30s. Dis vriend van ons en die persoon was hom gesteek het met mes is we’ll 42. Die oorledene is regtig nie skuim nie. Hu is oulike mens en drink nes enige iemand ook drankie. Ek weet wat gebeur het en dis nie heeltemal sy skuld Gewees nie, hy is nie bakleier en een vriend het hom we’ll oorreed om ‘n kamer te kry en te gan slaap toe die insident gebeur het. Maak nie saak wat het gebeur, da is biker… Lees meer »

jaco

Gideon ek is vanself ‘n biker as jy sulke snert wil praat kom sê dit vir my in my gevreet moenie goed kwyt raak as jy ons nie ken nie. ons doen meer vir charities as wat enige ander mense doen.