ʼn Motorfietsryer en ʼn voetganger is Woensdag dood tydens ʼn ongeluk in Main Reefweg in Florida, Roodepoort.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die motorfietsryer het ʼn vragmotor verbygesteek toe die voetganger oor die pad gehardloop en voor die motorfiets beland het.
“Die motorfietsryer was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Botha gesê. “Die voetganger, ʼn vrou, het met kritieke beserings in die pad gelê.”
Die vrou is op die toneel gestabiliseer en met ʼn helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem. Sy het egter kort na haar aankoms aan haar beserings beswyk.
Pierre ek stem en hulle daag jou nog uit ook.
Pierre stem saam met jou. Ek ry ook motorfiets werk toe, en hulle stap oor die pad tot regoor jy dan is dit of hulle gaan stil staan en vir jou wag. Ergste is dat die metro polisie al die goed sien maar net ignore en aan ry.
Wat maak die voetganger op die verdomde pad! ‘n Wettige padverbruiker dood agv ‘n IDIOOT. Flok weet!
dis asof hul mens terg of jou geduld op die proef stel. smaak my n voetoorgang is nie meer van toepassing nie.