Motorfietsryer ernstig beseer op Long Tompas

Die Long Tompas Foto: tanyakovarsky.wordpress.com

Die Long Tompas Foto: tanyakovarsky.wordpress.com

ʼn Motorfietsryer, vermoedelik in sy 40’s, is Saterdagmiddag ernstig beseer in ʼn ongeluk op die R27 naby Long Tompas in die rigting van Sabie in Mpumalanga.

“ʼn Groep motorfietsryers het om die beseerde man gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Volgens die groep het hulle om ʼn draai gery toe die motorfietsryer beheer oor sy fiets verloor en die kant van ʼn Toyota Fortuner getref het.”

Die man het verskeie ernstige beserings aan sy been en voet opgedoen. “Hy het baie bloed verloor en moes eers op die toneel gestabiliseer word voordat hy met ʼn helikopter na Mediclinic Nelspruit geneem is vir dringende behandeling,” het Vermaak bygevoeg.

Niemand in die Fortuner is beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.