Motorfietsryer geskiet, beroof

Paramedici op die toneel. Foto: @EMER_G_MED / Twitter

Paramedici op die toneel. Foto: @EMER_G_MED / Twitter

ʼn Motorfietsryer is Donderdagaand in Johannesburg geskiet en beroof terwyl hy vermoedelik by ʼn verkeerslig stilgehou het.

Lt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 19:00 in Witkoppenweg in Douglasdale plaasgevind.

“Na wat verneem word, het die man op sy motorfiets by ʼn verkeerslig stilgehou toe ʼn swart motor langs hom gestop het,” het Makhubele gesê. “Twee mans het uitgespring, op die motorfietsryer geskiet en hom in die been gewond. Hulle het sy rugsak gegryp en in die motor van die toneel gevlug.”

Die motorfietsryer is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en is glo in ʼn stabiele toestand.

Makhubele het gesê die maak en registrasienommer van die verdagtes se motor is nie bekend nie.

Die Douglasdale-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Makhubele het ʼn beroep op ooggetuies, of enigiemand met meer inligting oor die voorval, gedoen om die polisie by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tammy ·

Hoop die skuldiges word vinnig gevang, baie baie swaar gestraf en dat dit oral in die media aandag sal kry. Ons is al te bang om inkopies te doen of sommer net bank toe te gaan selfs al is dit net vir n navraag, want jy word sommer net beroof van enige iets wat by jou geroof kan word. Jy is net nerens meer veilig nie. Ons regstelsel het ons jn die steek gelaat, regtig want hoe groter en meer aanklagte die krimineel het, hoe ligter die straf……dis in die lyn van al die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.