Motorfietsryer kritiek beseer in ongeluk, beroof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagmiddag met sy motorfiets teen ʼn motor gebots het in Krugersdorp aan die Wes-Rand.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het by die kruising van Onderste- en Derdeweg plaasgevind.

Hy sê volgens ooggetuies is die man weens die impak van die botsing van sy motorfiets af geslinger waarna hy glo ʼn betonpilaar getref het.

Volgens Botha is die man na die kant van die pad gesleep en beroof. Hy sê paramedici het met hul aankoms op die toneel onmiddellik die man begin behandel voor hy na ʼn hospitaal in Johannesburg vervoer is vir dringende mediese sorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ansie ·

Dat beseerdes beroof word is byna algemeen, selfs die dooies word beroof en dit terwyl medici + SAPS op ‘n toeneel is.

Kathleen Bezuidenhout ·

Dit is regtig onaanvaarbaardat daar niks gedoen word nie waar gaan ons heen as beseerde mense erger as diere behandel word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.