Motorfietsryer kritiek na ongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Motorfietsryer is in ʼn kritieke toestand nadat hy teen ʼn staalkruis in die pad gebots het in Roodepoort aan die Wes-Rand.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het Saterdagaand in Wilgeroodweg plaasgevind. Vermaak sê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle ʼn man, glo in sy 50’s, gevind waar hy in die pad gelê het. Sy motorfiets het teen ʼn keerwal gelê.

“Hy was in ʼn kritieke toestand en moes deur paramedici op die toneel behandel word voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere sorg.”

Vermaak sê volgens omstanders op die toneel het die motorfietsryer teen ʼn staalkruis wat in die pad gelê het gebots. Die kruis is glo langs die pad geplant ter herinnering aan ʼn sterfte wat vroeër op die pad plaasgevind het. “Dit wil lyk of iemand met opset die kruis verwyder het en dit in die pad geplaas het,” het een van die omstanders gesê.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.