Motorfietsryer per helikopter na Pta-hospitaal geneem

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn 39-jarige man moes Sondag per helikopter na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem word nadat hy kritieke beserings in ʼn motorfietsongeluk opgedoen het.

Xander Loubser, paramedikus en woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het gesê die ongeluk het omstreeks 10:30 op die R513 De Wildt-pad in die noordweste van Pretoria plaasgevind.

“Die bestuurder het beheer oor sy motorfiets verloor en neergeslaan. Hy het ʼn ernstige kopbesering, kritieke bekkenbeserings asook beenbeserings opgedoen,” het Loubser gesê.

Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer en ʼn helikopter van ER24 ontbied om die man na die hospitaal te haas.

Loubser het ʼn beroep op motorfietsryers gedoen om te alle tye waaksaam te wees en ook altyd noodinligting van mediese fondse en naasbestaandes aan hulle te dra of op hul motorfietsbaadjies te plaas.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en sal deur owerhede ondersoek word. ʼn Ander botsing het glo tot die motorfietsongeluk gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anton ·

Daardie is een van BMW se spoed fietse en as jy op gewone paaie met dit vining gaan ry, soek jy maar vir moeilikheid. Gaan eerder na Kyalami toe en jaag daar. Baie veiliger.
Ek wonder of die nuwe spoedhobbels wat in daai omgewing aangebring is, nie iets met die ongeluk te doen het nie.
As jy nie van hulle weet nie, kan dit nogal baie gevaarlik wees.
Sterkte met die man. Hoop hy herstel goed.

Chris Ws ·

Anton ja ek weet van daai spoedhobbels wat daar aangebring is ,een in ‘n draai.Gaan kuier vir die kinders daar naby.Het my die eerste keer amper lelik uitgevang.Daai hobbel is lewens gevaarlik.

Swannie ·

Volgens die laaste paragraaf in die artikel het `n ander botsing blykbaar tot die motorfietsongeluk gelei.

Sterkte aan die Biker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.