Motorfietsryer ry glo teen 248 km/h

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

ʼn Man wat Donderdag glo teen 248 km/h in ʼn 100 km/h-sone met sy motorfiets gejaag het, het Vrydag in die hof verskyn.

Hillary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, het gesê die 53-jarige man is gister omstreeks 16:00 op die R730 tussen Odendaalsrus en Welkom in hegtenis geneem.

Volgens Mophethe is die man op waarskuwing vrygelaat en moet hy weer in Januarie in die hof verskyn. Hy word aangekla van ʼn spoedoortreding, roekelose bestuur en bestuur sonder ʼn geldige rybewys.

“Die departement sal voortgaan om wetteloosheid in die provinsie te bekamp. Padgebruikers wat nie die reëls van die pad respekteer of nakom nie, sal geen genade betoon word nie.”

Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer, het verkeersbeamptes geloof vir hul goeie werk.

“Ons weet dat hulle hul tyd, wat hulle veronderstel is om in die feestyd met hul geliefdes deur te bring, opoffer om te verseker dat paaie veilig is en padgebruikers by hul bestemmings uitkom.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

MMC ·

Genade ou wit willem….natuurlik stel hy lewens in gevaar. Word wakker….

Kolskoot ·

Is die regering regtig erenstig oor pad sterftes ? NEE
alle bestuurders wat die spoed oorskry en dronk bestuur as ook eienaars van onpadwaardige voertuie moet dadelik gearesteer word tot einde Januarie en hul voertuie moet gekonverskeur word en kan dit terug koop van die staat teen 20% van die waarde van die voertuig onmiddelik sal daar wet en orde op die pad wees . Of wil Frikkie en sy manne eder geld maak agter die kameras

Nico ·

Ag dis belaglik, wanner gaan die regering die 1800 sterftes oor Desember begin omkeer.
Wanner gaan hulle begin streng wetgewing toepas.
Die ou moes nou dadelik vir min van 5 jaar tronk toe gegaan het, nie opgeskort nie.
Dis mos belaglik.
Sodra die regering sulke ouens begin tron toe stuur vir 5 jaar, sal die totale roekeloosheid begin ophou, en onskuldige mense nie deur sulke ouens vermoor word nie.
As enige dier of mens voor hom in die pad was, was die vermoor gewees.
Kom aan Ramaphosa, begin die wetgewing toepas en verskerp.

koos ·

Nico, die regering kan niks doen nie. Elke bestuurder moet respek vir mekaar en die wette hê, en tans is daar net sowat 10% wat dit het, en hulle word daagliks minder, want hoekom moet ek reëls gehoorsaam en ander nie(sonder enige gevolge!).

Tsotsi ·

Verstaan die emosie oor tronk toe en alles. Nie genoeg tronke en dan moet ons belasting betalers vir jare so n persoon teen R209.00 per dag onderhou.
Praat nie die oortreding goed maar vonnis eerder so n persoon tot 16 uur gemeenskap diens in n staatslykhuis vir 5 jaar. Miskien help dit!!

Wit Willem ·

Die ou het sonder lisensie gery. Kap hom daaroor. Maar wie van julle wat so galbraak hier het nog nooit die spoedgrens oorgesteek nie, wat maak dit saak as jy 10kmh of 100km/h oor was. Dit bly verkeerd. Die ou het gejaag want dit is lekker, hy het niemand se lewe in gevaar gestel nie want hy was alleen op die pad. Hy kon weg gejaag het niemand sou hom vang nie, maar hy het gestop.

Muffin ·

@Wit Willem, was jy daar of het jy agter hom gery. Hoe kan jy se hy het niemand se lewens in gevaar gestel nie. Magtig man 248km’s per uur is belaglik. Tronk toe us nie n oplossing nie. Gee hom n baie hoe boete wat sy sak gaan raak en die gemeenskaps diens en verseker ek jou hy sal dit nie weer doen nie.

Markus ·

Dit klink so edel,maar die realiteit is die meeste wetstoepassers is so korrup dat enige oortreding maak nie saak wat dit is nie met n paar rand uitgesorteer kan word.

Boet Fasie ·

Markus nie sommer in die Weskaap en Vrystaat nie, jy dink nog aan omkoop dat sluit hulle jou al toe.

George in Bloem ·

Wonder nogal hoeveel taxibestuurders is tydens dieselfde optredes kortgevat?

Leon Dormehl ·

Wetstoepassing, insluitend vir spoed is reg maar die straf moet verband hou met die oortreding. Bv ‘n oorskrydin van sê 20km/u vir 120km/u of 0.01 oor die alkohol perk agv
‘n bier by die werk moet lig gestraf word. Maar ‘n ou wat 248km/h ry of sigbaar getrek is moet BAIE hard geslaan word. En wat vd bewegende oortredings soos verbysteek oor die wit lyn? Daarvoor is ongemerkte voertuie nodig wat bygestaan word deur gemerkte voertuie vir aftrek. Of hoofligte of agterligte wat nie werk nie. ‘n Bietjie meer slim planne Mnr die verkeersbeampte. Net om karre te stop ny die spooroorgaan om net lisensies na te gaan wat in elk geval korrup uitgereik is mors net almal se tyd. Ek het net gister oopad Natal toe twee keer ysingwekkende witlyn verbysteke gesien! Net ‘n paar km vorentoe dieselfde voertuie te kry wat aankruie! Verstommend.

Tsotsi ·

16 ure per maand gemeenskaps diens vir 5 jaar in staatslykhuis!

JOHN COX ·

Dis n dom spoed as jy wil jaag , ek het op die N4 n gemiddelde spoed van 310 km/h gedoen. Het tussen Belfast en Benoni verby vier oorgewig spietkops gecharge , nie een het my gestop. Die kameras gaan net tot 299 km/h

pieter ·

Almal kla ja stem saam elke bestuurder se plig om disipline te handhaaf hoeveel bestuurders gaan verby op sperstrepe, ry en praat op cell foon , stop nie by stopstrate nie en of robotte verkeer wat in geelstrepe ry ander gaan so vragmotors verby ma nog steeds oor sperstrepe sodat aankomende verkeer moet weg beweeg en so kan ons aangaan dink bietjie is jy 1 van bogenoemde

Ettienne ·

Hang af ook of dit 100kmh in beboude gebied is. Ja spietkops stop my ook nie. As ek ongeluk maak is dit my probleem… (of dalk sal ek nie eers eens weet daarvan nie).
Sal eintlik interessant wees om te weet wat die statistiek is vir hoeveel (onskuldige) mense beseer word deur motorfiets ryers.
Gaan baie klein wees.

Josua Keys ·

Ek stem saam met van die kommentare maar hier is ook mense wat nie mooi dink wat hulle sê nie. Die ongeluk sterftes op SA se paaie sal nie afneem solank die land wetlik stabiliseer nie, hier praat ek van almal se veiligheid, mense het so bang geword om ons paaie met wet en orde te gebruik agv die gemors wat heers in die land. Mense klim in n motor en probeer so vinnig moontlik hul bestemming bereik want niemand kan meer vertrou word nie selfs nie eens verkeersbeamptes of die polisie nie, ja om teen 248km p/h te ry is belaglik maar as ons nie mense in plek stel wat wet en orde kan toepas nie sal die sterfte syfer hoog bly, die mense wat tans aangestel is om wet en orde te handhaaf is juis groot en deels verantwoordelik vir die sterftes op SA se paaie insluitend die ANC regering.

Ig ·

Watse bike het hy gery? Hy sal meneer Binder n go gee vir sy geld. Hy het seker vir vrou weggejaag ek verstaan sy situasie.

GRAPPIE ·

Laat my dink aan die grappie.
Die ou jaag weg vir die “speed cop”
Na ‘n laaang jaagtog word hy vasgekeer.
Die speed cop sê :”Meneer as jy ‘n goeie verskoning het wat ek nog nooit gehoor het nie, laat ek jou gaan”.
Die verdagte antwoord: “Konstabel..My vrou het my so paar maande terug gelos vir ‘n speed cop. Ek was bang dit was jy wat haar wou terugbring vir my!!”

A Mac ·

Wat se voorbeeld stel dit vir spoedoortreders? Regering moet nie kla oor padsterftes en dan iemand wat so jaag of die wit waks agter hom staan met pap handjies hanteer nie. Toesluit, motorfiets konfiskeer, lisensie inkort vir ‘n periode, dalk sal ander wat net so lekker ooplê kennis neem.

Johan ·

Stadige bike, seker n 600. Koop n groter een, ek verwag ten minste 280 km/h volgende keer. Hierdie aanval op spoed is uit en uit n geldmaak ding deur die regering. Dis belaglik. Ons snelweg spoed moes al lankal ten minste 170 gewees het met vandag se tegnologie, maar dan sal die regering ons nie meer kan melk nie. Hier by Worcester melk hulle lekker. Ek sien net voor die feesseisoen aangebreek het toe word die normale 100 km/h sommer 80 met n kamera teken OP DIE SNELWEG! Dit is net n geldmaak storie. Klaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.