Motorfietsryer ry kind dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sewejarige seun is Sondagoggend dood nadat ʼn motorfietsryer hom in Maropengweg in Krugersdorp, Gauteng, getref het.

“Die seun het reeds aan sy beserings beswyk toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die motorfietsryer het matige beserings opgedoen toe hy geval het. Sy motorfiets het ʼn paar meter van hom af tot stilstand gekom.”

Die motorfietsryer het aan paramedici gesê hy het om die draai gekom toe die kind skielik oor die pad gehardloop het. “Die man is na die Krugersdorp-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie sal ondersoek instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sollie ·

Hmmm… ons weet goed HOE jaag die klomp motorfietsryers oor naweke op die paaie hier in die Cradle area…

Annamarie ·

Moenie altyd die motorfiets ryers die skuld gee nie asb…

Sollie ·

Annamarie – wie het die motorfietsryer die skuld gegee? Ek het bloot genoem hoe hulle jaag – elke liewe naweek! Ek bly hier so ek dink nogals ek weet. Natuurlik is daar wat versigtig en mooi ry ook – en hulle het almal nommerplate ook! Haha nou gaan julle seker weer sê nie almal ry sonder nommerplate nie…

Wil weet ·

En ons weet hoe hardloop hul oor n pad!!!!!Al is daar paar tree verder n verkeerslig!!

nicolette ·

Nie alle motorvietsryers is onverskillig nie.motorfietsryers word almal oor dieselfde kam geskeer en dis onregverdig, ja daar is jaagduiwels en padvarke maar so ook met motorbestuurders.voetgangers is baie keer self verantwoordelik dat hulle gestamp word want hulle hardloop net en kyk nie kruis paaie waar geen oorgang vir hulle is nie kry eers die feite dan beskuldig julle.dit is jammer dat n kinf gesterf het maar ondersoek moet ingestel word en dan feite uitlig

Nina ·

Tragies! Maar WAT maak ‘n 7jarige ALLEEN in die strate!!! En Sollie, regtigwaar! Nie alle motorfietsryers jaag nie. Hier is een boks in ons straat wat ook permanent teen die spoed van lig jaag, maar dit beteken nie ALMAL op motorfietse is bokse nie. Uit ondervinding weet bykans almal darem ook dat voetgangers net oor die pad stap, kyk nie links of regs. Dis asof hulle dink dat as hulle jou nie sien nie, jy nie daar is nie of iets! En verder hoort GEEN kind van daai ouderdom sonder toesig alleen nie. Hemel, ek laat nie eens my 13jarige alleen oor die pad gaan nie.

Sollie ·

Nina, my meise, lees WEER my kommentaar. Nêrens, sê ek ALLE motorfietsryers jaag nie. En wetende hoe sekeres dan nou sou “oor die paaie hardloop” moet mens seker maar stadiger ry of minstens by spoedbeperking hou dan nie? Oeee, julle mense….

Hester ·

Ja, dit is ongelukkig altyd iemand anders se skuld. Ons self is bikers, ek weet hoe ons ry. Ek weet wat ons mag en nie mag doen nie, so weet elke voetganger en motoris.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.