Motorfietsryer se been deurboor

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Motorfietsryer se been is Saterdag deur stukke van sy motorfiets deurboor nadat hy in ʼn botsing betrokke was.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is Saterdagoggend na ʼn toneel in Langstraat in Kimberley uitgeroep waar hulle die man aangetref het. “Die motorfiets was in ʼn botsing met ʼn bakkie betrokke,” het Botha gesê.

“Toe die paramedici daar opdaag was daar stukke van die motorfiets wat die man se been binnegedring het. ʼn Vrou wat ʼn passasier in die bakkie was, het net geringe beserings opgedoen. Albei is op die toneel gestabiliseer en na onderskeie hospitale vervoer.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.