Motorfietsryer se liggaam in veld gevind

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Die liggaam van ʼn motorfietsryer, vermoedelik in sy 30’s, is Donderdagoggend in ʼn veld in Rustenburg in Noordwes gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man se liggaam is deur plaaslike owerhede ʼn paar meter ver van die pad, Rexweg, en die wrak van sy motorfiets gevind.

“Die man het na bewering beheer oor die motorfiets verloor toe hy in die nag om ʼn draai gegaan het. Toe paramedici by die toneel opdaag was die man al ʼn geruime tyd dood,” het Meiring gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

WICUS ·

EK WONDER OF HY OPPAD WAS RHINO RALLY TOE IN PARYS , MAG JY RUS IN VREDE

Mark ·

Baie tragies. Rustenburg se paaie is in so toestand, mens kan skaars in die dorp ry met al die gate en slote.

Jacques ·

Die persoon wat in die veld gevind is is my neef juan maritz hy was 41 en het beheer oor sy motorfiets verloor om die draai deur olie wat opi pad was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.