Motorfietsryer se skuldigbevinding ter syde gestel

speeding‘n Motorfietsryer van Margate, KwaZulu-Natal se skuldigbevinding en gevolglike vonnis nadat hy teen 190km/h betrap is, is Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg ter syde gestel.

Dirk Johannes Putter (36) is in Desember in die Scottburgh-landdroshof skuldig bevind aan ‘n spoedoortreding en ‘n boete van R12 000 opgelê.

Putter het egter teen sy skuldigbevinding en vonnis geappelleer. Putter het beweer dat die hof gefouteer het in sy uitspraak aangesien die staat nie bo redelike twyfel kon bewys dat die apparaat wat gebruik is om sy spoed te bepaal, akkuraat was nie.

Putter beweer die staat het nie ‘n deskundige getuie geroep om te getuig en te bewys dat ‘n verkeersbeampte die apparaat korrek gebruik het en dat die lesing wel akkuraat was nie.

Regters Johan Ploos van Amstel en Daya Pillay het Putter se skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

EMK ·

So gaan dit… alle kriminele kom weg agv van “technicalities”. Wat se boodskap stuur dit? Jaag maar dan apelleer jy ipv om te erken jy was verkeerd. Natuurlik pronk mnr die jaagman nou seker vreeslik ipv om te DINK wat sy gejaery sou kon veroorsaak. Nee hy het mos nou die speedies ‘n punt gewys. Uggg dit maak my sommer naar.

Mujaliva ·

Wel, as die staat nie so lamsakkig was nie, dan sou dit nir gebeur nie. Die regsstelsel is nie net daar om die skuldiges te pos nie, maar ook om die onskuldiges te beskerm. Se nou net die toerusting was verkeerd en die ou was onskuldig?

Canned Phantom ·

Ja, hy het weggekom en hy gaan by al sy pelle “brag” hoe hoe goed hy is en hoe lamsakkig die regstelsel is. Die probleem, vir hom, is dit jaagduiwels gewoonlik nie oud word nie. Kyk na die statistiek. Putter is op geleende tyd… Hy weet dit dalk nie. Soos hulle in Ingels sê: “Watch this space”.

Maria K ·

Nog NOOIT ‘n motorfietsryer teengekom wat NIE jaag – en meestal sonder “licence plates” – juis sodat hul nie gevang kan word nie!

Maria K ·

@Kellies – nee ou grote, dis ondervinding en elke dag SIEN. Dalk gaan jy met oogklappe deur die lewe maar ek NIE! Kom kyk op die N14 byvoorbeeld ELKE Sat en Son en SIEN hoe hul jaag en wys my een van die jaagmanne wat ‘n “licence plate” aanhet. Kom beleef die werklikheid

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.