Motorfietsryer skiet man by restaurant in Gordonsbaai

In die video kan gesien word hoe die man na die restaurant toe stap (Foto: Skermskoot)

ʼn 40-jarige man is dood nadat ʼn motorfietsryer hom van agter in die kop geskiet het terwyl hy by ʼn restaurant langs die strand in Gordonsbaai in die Wes-Kaap gesit het.

In die beeldmateriaal wat op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe ʼn motorfietsryer, geklee in swart, oorkant die Tallas Tavern-restaurant stilhou en van sy motorfiets afklim. Daarna stap die motorfietsryer, met sy motorfietshelm nog op sy kop, na die restaurant en haal ʼn vuurwapen uit.

Dit is duidelik in die video hoe die motorfietsryer dan doelgerig na ʼn man, wat buite die restaurant op ʼn bankie sit, stap en die vuurwapen op sy agterkop rig en onmiddellik die sneller trek. Die man tuimel dan agteroor terwyl die motorfietsryer weer terugstap na sy motorfiets en wegry.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het bevestig die voorval het die Donderdagmiddag omstreeks 14:45 plaasgevind het. Hy sê die polisie ondersoek die man se dood en is steeds op soek na die motorfietsryer.

Die motief vir die moord is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blondie76 ·

Tragies, maar waar ‘n rokie trek brand ‘n vuurtjie. Niemand verdien so ‘n dood nie, maar as jy dobbel met die lewe op watter wyse ook al dan moet jy maar konstant oor jou skouer loer. Ek dink nie iemand stop net en loop en skiet net nie. Daar is baie meer agter die storie, maar dit sal uitkom. Dalk het hy nog sy moordenaar geken, alles sal ontvou sodra die ondersoek eers bietjie onderweg is glo ek.

Chris ·

jammer vir die naasbestaandes van die slagoffer. If you live by the gun you die by the gun. Die storie het drie kante. Dit help nie ons bespiegel daaroor nie. Dit is net vir my onaanvaarbaar dat dit in ‘n sg demokratiese land kan gebeur. Eerder Demoonkratiese land.

Mickey ·

ons land raak mal, wat is fout met die mense het COVID almal sielkundig mal gemaak

Andre ·

Nou wil ek weet wanneer sy vuurwapen-lisensie iets gaan beteken. Of bedoel hulle dit maak net wins uit eerlike mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.