Motorfietsryer sterf in bergpas

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

ʼn Motorfietsryer, in sy 30’s, is dood toe hy Sondag in ʼn bergpas buite Villiersdorp in die Wes-Kaap verongeluk het.

Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R43 sowat 10 km buite dié dorp plaasgevind.

“Die man het saam met vriende motorfiets gery toe hy beheer oor sy motorsfiets verloor het,” het Bodasing Harduth gesê. Die man se vriende het hulp ontbied.

“Die man se liggaam is teen versperrings langs die pad aangetref. Sy motorfiets het ʼn paar meter ver van sy liggaam af in die pad gelê.”

Die man is ondersoek en dood verklaar weens veelvoudige noodlottige beserings.

Die oorsaak van die ongeluk was nie dadelik bekend nie en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wynand ·

Speed, Speed, Spoed. Hierdie manne met die superfietse is nie skaam om daardie oor te draai nie. Ons is daar verby kort nadat dit gebeur het en daar was geen ander voertuie, behalwe die ambulans en polisie op die toneel

Spoed ·

Spoed/ Nee, nie spoed nie maar ‘onoordeelkundige spoed’ waar omstandighede nie in ag geneem word. Gaan liewer na ‘n renbaan waar daar nie bome, versperrings, randstene, verkeer ens. in die pad is sou jy beheer verloor. Dan kan jy ook sommer sien hoe wonderlik goed jy is.
Ek het aan die SCC (Sports Car Club) behoort en met GEORGANISEERDE tydrenne het ons aan motorsport deelgeneem. Dis deels daaraan te wyte dat ek na 56 jaar nog ongeluksvry bestuur. K53 is nie sy geld werd.

Mede biker. ·

Die wat nie motorfiets ry nie sal dit nie verstaan nie. Dit is in ons bloed en elke keer as ek op my fiets klim weet ek dit kan gebeur en daarom is ek reg om te gaan. Innige simpatie aan jou familie en vriende my vriend. Rus in vrede.

Leon C ·

Wat van mede pad gebruikers as jy so ry.Neem jy ierdie onskuldge pad gebruikes Se lewes in ag

Wouter ·

Ek sien die agterband op die R1 is baie glad. Hoe dit ook al sy Rus in vrede.

Basson ·

Hoe gladder hoe meer greep as die pad droog is.
Die ENIGSTE rede vir groefies is vir waterverplasing.

Emile ·

Niks fout met gladde agterband. Padfietse se bande is glad onwerp en word standaard so verkoop. Grondpadfietse soosEenduro’s en Moto-X het knobblies.

RIV Padridder. Meegevoel en sterkte aan naasbestaandes en geliefdes.

Nevvie ·

Dink aan familie en vriende. Is al self al hoeveel keer deur daai pas. Baie mooi en baie aansteeklik vir n motorfiets. Kan nou net nie dink dat daar elke dag hoeveel karre mense se lewens neem maar sodra motorfiets dit gebeur dan is daar fout.

Naas Vermaak ·

Daardie omgewing verander naweke in renbane vir motorfietse. Die kanse dat een van die oorsake van die ongeluk hoe spoed was is ongeveer 99%. Ek het gereeld daar gaan fietsry en dis skrikwekkend soos daar gejaag word. Dutoitskloof, Bainskloof en Agter-Paarl is ook gewilde naweek renbane.

ig ·

Bedaar nou al die klipgooiers,tenminste het hy gesterf terwyl hy gedoen het waarvoor hy lief was.Al in die rondte op n baan soos n tor aan garingdraad kan mos nie dieselfde genot verskaf nie.En nee ek ry nie n motorfiets nie .

Poot ·

Almal altyd vinnig om ‘n ettiket aan motorfietsryers te hang. Al ooit gewonder hoekom honde hulle koppe by kar vensters uitsteek? Gaan klim op ‘n motorfiets, vat die lang pad en julle sal agterkom hoekom dit so aansteeklik is.
RIV ou vriend.

Rina Pretorius ·

ek sien dit so:- die dag toe ons gebore was was ons sterfdatum reeds bepaal en maak nie saak waar jy is op daai oomblik hetsy in jou kar, bike, vliegtuig, jou bed, in die kerk, jy sal oor jou strepie nie gaan nie want dit is jou tyd om te gaan soos God dit bepaal het. Sterkte aan die familie en vriende, dis hartseer

Anoniem ·

Die meeste van die kommentaar is hier is skokkend.

Dit mag lekker wees om teen ‘n hoe spoed te ry, maar dit is ook baie dom om dit te doen op ‘n openbare pad.

Die mense is vinnig om vinger te wys as ander mense die wet oortree, maar as hulle die wet self oortree met iets wat “lekker” is, dan is daar niks mee fout nie en is dit aanvaarbaar.

Ek kan nie sien dat hierdie land vinnig (indien ooit) gaan regkom nie. Mense wil gou sy medemens stenig oor hy ‘n wet oortree, maar aan die ander kant oortree hy ook ‘n klomp wette maar regverdig dit op een of ander rede.

En dan sit ons nog met die ouers wat self sitplekgordels aan het, maar hulle kinders staan los in die voertuig. Het hulle dan nie hulle kinders lief nie?

Magda ·

Ek ken sy ma en pa persoonlik. Sterkte Yvonne en Carl al weet ek hulle sal nie hierdie lees nie hulle is SA se Duitsers. My hart gaan uit na hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.